Die Prins Albert Helpende Hand-tak is op 5 September in die Suid-Kaap gestig.  Hierdie nuwe toevoeging is gemotiveer en vol selfvertroue dat hulle ʼn groot sukses van die tak gaan maak.  Hulle is vol geesdrif vir die projekte wat in Oktober aangepak gaan word by die plaaslike skole vir die onderwysers.