Silverton Helpende Hand-takse gholfdag op 11 September was ʼn groot sukses. Meer as 50 spelers het deelgeneem en ongeveer R13 000 is ingesamel. Die voorsitter Jorrie Jordaan, het die spelers beloof dat elke sent in opleiding belê sal word. Die grootste gedeelte sal vir die tak se studiefonds en die Borg ʼn Kind-projek aangewend word.