Uitnodiging aan die media
Solidariteit Helpende Hand
2 Oktober 2012
Helpende Hand en UmMa Afrika stel opheffingsprojek Bokkieblou/Handgemaak bekend
Solidariteit Helpende Hand en UmMa Afrika stel op 5 Oktober projek Bokkieblou/Handgemaak ten bate van opheffing bekend deur ’n uitstalling te hou van, onder andere, kunswerke wat deur behoeftige vroue gemaak word.
In die projek word ouderwetse en kontemporêre kuns gekombineer om volhoubare werksgeleenthede vir behoeftige vroue te skep en hulle nuttige vaardighede aan te leer. Die projek sal ook bydra om behoeftige kinders se situasie te verbeter.
Die media en publiek word genooi om die bekendstelling van projek Bokkieblou/Handgemaak by te woon. Ligte versnaperinge sal bedien word.
Die publiek en media word na die geleentheid uitgenooi:
Datum: Vrydag 5 Oktober
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: Fient Kunsgalery
Adres: H.v. Duncan- en Prospectstraat, Hatfield
RSVP: Virginia Karayiannis – 071 233 3635