Uitnodiging aan die media

Solidariteit Helpende Hand

25 September 2012

Helpende Hand stel A.G. Visser Geneeskunde-studiefonds bekend

Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut stel op 2 Oktober die A.G. Visser Geneeskunde-studiefonds bekend. Die media word genooi om die bekendstellingsgeleentheid by te woon.

Vanjaar fokus Helpende Hand veral op die uitbou van die beursplatform sodat nog meer voornemende studente ook die geleentheid kan kry om hulle te bekwaam om ’n bydrae tot die ekonomie en hul eie families te kan lewer.

Die Afrikaanse Beursinstituut is in 2003 gestig om finansiële ondersteuning aan Afrikaanse studente te bied. Die beursplatform het sedertdien tot 74 beurse gegroei.. Vanjaar is R7 miljoen se beurslenings aan 529 behoeftige studente toegeken. Ongeveer 2 500 studente is al in totaal op dié manier gehelp.

“Met die A.G. Visser Geneeskunde-studiefonds wil Helpende Hand die geleentheid skep vir ’n behoeftige student wat oor die potensiaal beskik om in die veld van geneeskunde te studeer, om wel hierdie toekomspad te kan volg,” sê dr. Danie Brink, die uitvoerende hoof van Helpende Hand. “Hierdie stap sal ook ’n bydrae lewer om ons land se tekort aan kundige geneeskundiges te begin verminder.”

A.G. Visser was ’n begaafde mediese dokter, maar terselfdertyd ook ’n geliefde digter en kunstenaar.

Enige belangstellendes, maar veral geneeskundiges, word genooi om tot hierdie studiefonds by te dra en ’n beter toekoms te help skep.

Die media word genooi om die geleentheid by te woon:

Datum:            Dinsdag 2 Oktober

Tyd:                 18:00 vir 18:30

Plek:               Centurion Teater

Adres:             Amkorstraat 123, Centurion

RSVP:             Juanita du Preez – 074 500 3915 of juanita@helpendehand.co.za

Mediaskakelbeampte:

Juanita du Preez

Solidariteit Helpende Hand

Tel: 012 644 4390

Sel: 074 500 3915

E-pos: juanita@helpendehand.co.za