Uitnodiging aan die media

Solidariteit Helpende Hand

13 September 2012

Solidariteit Helpende Hand bied roepingsgesprek ter bemagtiging van jeug aan – Nuwe Loopbaangids word bekendgestel

Solidariteit Helpende Hand bied op 20 September 2012 ’n roepingsgesprek vir onderwysers, tuisskoolouers en ander belangstellendes aan. Verskeie sprekers sal hulle kundigheid oor dié onderwerp deel.

Die gesprek sal fokus op die belang van beroepsvoorligting, roeping en die toekomsverwagtinge van die jeug. Die belangrike rol wat ouers en onderwysers vervul ten opsigte van kinders se keuses oor roepingsgedrewe beroepe sal ook tydens die gesprek beklemtoon word.

Die media word genooi om die geleentheid, waar dr. Kobus Neethling as hoofspreker sal optree, by te woon. Tydens die geleentheid gaan die Helpende Hand Loopbaangids asook die volledige beroepsleidingsdiens vir skole, onderwysers en ouers bekendgestel word.

Die koste beloop R50 per persoon, maar beperkte plek is beskikbaar. Die seminaar begin stiptelik om 12:30.

Navrae kan aan Karin Venter by 012 644 4390 of karin@helpendehand.co.za gerig word.

kers sal hulle kundigheid oor dié onderwerp deel. Daar gaan gefokus word op die belang van beroepsvoorligting, roeping en die toekomsverwagtinge van die jeug.
Hoofspreker: dr. Kobus Neethling

 

Die publiek en media word genooi om die geleentheid by te woon:

Datum:           Donderdag 20 September

Tyd:                12:00 tot 16:00

Plek:               Helpende Hand Hoofkantoor, Kremetart Raadsaal

Adres:            H.v. Eendrachtstraat en D.F. Malanrylaan, Kloofsig, Centurion

RSVP:             18 September 2012 by Juanita du Preez – 074 500 3915 of juanita@helpendehand.co.za