Wie skenk ʼn horlosie aan Helpende Hand by die Worthy Women konferensie? Dis die vraag wat Helpende Hand laat kopkrap het nadat die 5 300 vroue wat die konferensie vanjaar bygewoon het, meer as R75 000 (en ʼn goue horlosie) vir Helpende Hand se projekte geskenk het. Uiteindelik het ons die antwoord gekry. ʼn Pragtige, inspirerende boodskap…

“Halo Gretha

Ek wil net vir jou baie dankie sê vir Saterdag, dit was amazing. Regtig dankie! Ek weet nie of iemand vir jou kom sê het nie: iemand het per ongeluk hul horlosie verloor in die geld boks.

Hy het nie verloor nie, toe jy die afkondiging maak, het ek net vir die Here gesê, Hy weet ek het nie eers ‘n sent in my handsak nie (het ook alles Januarie verloor). Ek het vir die Here gevra wat kan ek gee, en Hy het geantwoord: jou tyd. So ek het ‘n profetiese aksie gedoen om te bevestig dat ek nie meer my eie tyd het nie.

Ek glo daai horlosie sal baie mense finansieel seën, en ek glo daar sal baie stories te vertel wees rondom hom.

Baie seën vir julle.”