Helpende Hand se George-tak het in Mei 2012 ‘n woonwa as skenking ontvang. Die woonwa het egter baie herstelwerk nodig gehad voordat dit gereed kon wees vir behuising. Die einde van September 2012 was die woonwa uiteindelik gereed om te vertrek na ‘n gesin. Die woonwa is geskenk as ekstra behuising vir ‘n behoeftige gesin van ses wat in ‘n twee slaapkamer huis woon. Die gesin was baie opgewonde en het die woonwa agteraan hulle huisie vasgebou om te dien as nog ‘n slaapvertrek.
