Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Die grootste verrassing wat jy as pleegouer kan verwag

Die grootste verrassing wat jy as pleegouer kan verwag

Ons is nou maar vir slegs sowat tien maande pleegouers. Daar is gesoute pleegouers wat jou waarskynlik baie meer sal kan vertel van pleegsorg, maar ek deel graag ons storie.Om 13:00 op Vrydag 23 Mei 2014 het ons ons eerste afspraak met die maatskaplike werker gehad. Ons het daaraan gedink om vir pleegsorg te registreer en het haar gekontak, maar eintlik was ons oningelig.

Lees meer

Naamsverandering van skole

Die ANC-regering se planne om die name te verander van skole in Gauteng wat na sogenaamde apartheidsleiers vernoem is, is deel van ’n groter en doelbewuste poging om geskiedenis-uitwissing te pleeg.

Lees meer
Tienpunt plan vir beter dissipline in jou klaskamer

Tienpunt plan vir beter dissipline in jou klaskamer

Vereis eerste-keer gehoorsaamheid te alle tye – m.a.w. na jou instruksie moet daar óf gehoorsaamheid óf straf volg.
Kinders sukkel baie minder met eerste-keer gehoorsaamheid. Maak seker jy doen moeite om daardie hoë standaard te handhaaf. Kinders sukkel baie minder met eerste-keer gehoorsaamheid. Maak seker jy doen moeite om daardie hoë standaard te handhaaf.

Lees meer
Interessante feit rakende breuke

Interessante feit rakende breuke

Toon aan dat wanneer die som van twee onvereenvoudigbare breuke gelyk is aan 1 , die twee breuke dieselfde noemer moet hê.

Lees meer
Wiskunde-probleem: Maart 2015

Wiskunde-probleem: Maart 2015

Daar lê 2014 vuurhoutjies op die tafel. Ané en Elisa spreek af om om die beurt 1, 2 of 5 vuurhoutjies weg te vat. Ané begin. Die persoon wie die laaste vuurhoutjie wegvat, sal die speletjie verloor. Is daar ‘n wen-strategie vir Elisa?

Lees meer

Die regte en verantwoordelikhede van ’n pleegouer

“Pleegouers kry verseker ’n spesiale plek in die hemel,” het een persoon gesê. Ander het getuig van die groot vreugde wat dit bring om ʼn pleegouer te wees. “[Ek] is al die afgelope agtien jaar ʼn pleegouer en pluk net elke dag die vrugte daarvan. So trots op my pleegkind. Stel jouself beskikbaar!”

Lees meer

Basiese Onderwys se wiskunde-strategieplan bloot ’n politieke skuif

Die departement van basiese onderwys se strategieplan om Suid-Afrika se swak wiskunde-prestasie om te keer deur kundigheid uit China en Kuba te betrek, is grootliks op politieke alliansies gebaseer. Só meen die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand. Die vereniging het die voorgenome plan ten sterkste verwerp en ’n alternatiewe…

Lees meer
Helpende Hand stel nasionale platform vir voornemende pleegouers bekend

Helpende Hand stel nasionale platform vir voornemende pleegouers bekend

Solidariteit Helpende Hand het vandag ’n nasionale platform bekendgestel waar persone as potensiële pleegouers kan registreer. Die organisasie beoog om die dringende behoefte aan pleegouers met behulp van hierdie platform te takel. Helpende Hand kry gereeld met maatskaplike gevalle te doen en werk nou saam met maatskaplike organisasies soos die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) en die…

Lees meer

Ondersoek na spandering van toelaes noodsaaklik

Solidariteit Helpende Hand het vandag die departement van maatskaplike ontwikkeling versoek om ondersoek in te stel na beweerde wanbesteding deur die ontvangers van maatskaplike toelaes. Die departement is ook gevra om alternatiewe opsies van maatskaplike ondersteuning te oorweeg. President Jacob Zuma het Dinsdag tydens ’n debat in die parlement gesê dat hy bewus is van…

Lees meer
Dinge om op Pi-dag te doen 1

Dinge om op Pi-dag te doen

Pi is ‘n wiskundige konstante wat die verhouding van ‘n sirkel se omtrek tot sy deursnit voorstel. Die Griekse letter “π” is die simbool wat in wiskunde gebruik word vir die verhouding.

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!