Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Beplan vir jou oudag 2

Beplan vir jou oudag

Niemand hou daarvan om maandeliks versekering en pensioenbydraes af te staan nie. Dit is een van daardie “moet-maar-wil-nie”-betalings. Vir jongmense in hulle twintigs wat pas begin werk het, is spaargeld vir jou oudag die laaste ding waaraan jy wil dink. Tog is die erns van die saak meer prominent as ooit tevore. In vandag se tyd kan jy verwag om tot 16 jaar na aftrede te leef.

Indien jy nie vir jou oudag voorsiening maak nie, sal jy moontlik op ʼn staatspensioen moet oorleef. In Suid-Afrika ontvang ʼn staatspensioenaris tans R1 410 per maand (indien die persoon aan die minimum kriteria voldoen).

Lees meer

Sowat een uit elke tien kleuters eet slegs by die kleuterskool – studie

Volgens ’n studie wat in opdrag van Solidariteit Helpende Hand gedoen is, eet bykans een uit elke tien kleuters daagliks net die kos wat by kleuterskole aan hulle voorsien word. Die studie is onder nagenoeg 550 kleuters tussen die ouderdom van twee en ses jaar by 16 behoeftige kleuterskole regoor Suid-Afrika gedoen en het bevind dat die maaltyd wat by ’n kleuterskool bedien word vir 8,2% van kinders die enigste maaltyd van die dag is. ’n Verdere 22,2% van kleuters kry net nog een maaltyd tuis.

Lees meer

Noordwes en Noord-Kaap woel

Solidariteit Helpende Hand se takke in Noordwes en Noord-Kaap is reeds fluks aan die gang. Takke in die streek het vanaf ses in 2013 in tot sestien aangegroei. Dit volg ná die stigting van ’n nuwe tak in Dominionville (tussen Klerksdorp en Wolmaransstad) aan die begin van April. Intussen mik die streek om vanjaar nog tot 20 takke te groei.

Lees meer

Noord-Gauteng-takke maak ’n verskil

Van Fonteinesirkel-koue tot vuurwarm vreugde in net twee jaar – Twee jaar gelede het Esmarie en Gert de Klerk en hul twee kinders by Fonteine-sirkel, net buite die Pretoriase middestad, in ’n tent gewoon.

Lees meer

Die grootste verrassing wat jy as pleegouer kan verwag

Ons is nou maar vir slegs sowat tien maande pleegouers. Daar is gesoute pleegouers wat jou waarskynlik baie meer sal kan vertel van pleegsorg, maar ek deel graag ons storie.

Lees meer

’n Reis na ’n beter toekoms

Dit was ’n dag soos enige ander dag toe Alicia Heyns (27) besluit het om haar lewe vir ewig te verander. Sy was oudergewoonte besig met haar take as kassier in ’n Spar-winkel toe sy besef dat sy tot meer in staat is; dat sy vir iets groter bestem is.

Lees meer

Basiese Onderwys se wiskunde-strategieplan bloot ’n politieke skuif

Die departement van basiese onderwys se strategieplan om Suid-Afrika se swak wiskunde-prestasie om te keer deur kundigheid uit China en Kuba te betrek, is grootliks op politieke alliansies gebaseer. Só meen die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand. Die vereniging het die voorgenome plan ten sterkste verwerp en ’n alternatiewe tienpunt-regrukplan voorgestel. Dié plan is ook aan die departement van basiese onderwys deurgegee.

Lees meer

Die Silwerkroon-toekenning 2015 – Gewone mense, buitengewone diens

In elke gemeenskap is daar mans en vroue wat as gewone mense buitengewone liefdesdiens aan ander lewer. Helpende Hand, ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging, wil hierdie helde en heldinne (bo die ouderdom van 60 jaar) vereer deur die Silwerkroon-toekennings.

Lees meer

Helpende Hand stel nasionale platform vir voornemende pleegouers bekend

Solidariteit Helpende Hand het in Maart ’n nasionale platform bekendgestel waar persone as potensiële pleegouers kan registreer. Die organisasie beoog om die dringende behoefte aan pleegouers met behulp van hierdie platform te takel.

Lees meer

Naamsverandering van skole

Die ANC-regering se planne om die name te verander van skole in Gauteng wat na sogenaamde apartheidsleiers vernoem is, is deel van ’n groter en doelbewuste poging om geskiedenis-uitwissing te pleeg.

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!