Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Vyf idees vir lekker lees met die kleinspan

Vyf idees vir lekker lees met die kleinspan

’n Onnie het eens vir ’n klasmaat van my gesê: “Jy kan nie rekeningkunde doen nie, want jy kan nie lees nie!” So aaklig soos wat dit ook al mag klink, steek daar tog waarheid in sy naarheid. Hoewel sommige mense sou reken dat jy nie leesvaardighede nodig het om syfervakke soos wiskunde, rekeningkunde of ekonomie baas te raak nie, kan niks verder van die waarheid wees nie.

Lees meer

Nuwe, omvattende LeesApp: ’n Eerste vir Afrikaans

Terwyl talle studies op die swak geletterdheidsvlakke van Suid-Afrikaanse skoliere wys, het Solidariteit Helpende Hand vandeesweek ’n reusestap gedoen om tradisionele geletterdheid en sogenaamde “nuwe” geletterdheid onder Afrikaanse kinders te help vestig. Die omvattende LeesApp help kinders om te leer lees en skryf en is ’n eerste vir dié taal, wat vanjaar 90 jaar oud is.

Lees meer

Nuwe, omvattende LeesApp: ’n Eerste vir Afrikaans

Terwyl talle studies op die swak geletterdheidsvlakke van Suid-Afrikaanse skoliere wys, doen Solidariteit Helpende Hand vandag ’n reusestap om tradisionele geletterdheid en sogenaamde “nuwe” geletterdheid onder Afrikaanse kinders te help vestig. Die omvattende LeesApp help kinders om te leer lees en skryf en is ’n eerste vir dié taal, wat vanjaar 90 jaar oud is.

Lees meer
Internskapprogram 2

Internskapprogram

Helpende Hand is ʼn organisasie sonder winsoogmerk wat ses betaalde internskappe in Kloofsig, Centurion, beskikbaar het. Die geskikte kandidate moet beskikbaar wees om vanaf 1 tot 17 Julie 2015 aan ’n internskapprogram deel te neem. Verblyf word verskaf. Kandidate sal in die sosiale sektor opleiding ontvang en ervaring opdoen, wat onder andere projekbestuur en veldtogbeplanning insluit, met die fokus op armoedeverligting, -verbreking en -voorkoming.

Lees meer

Helpende Hand Streeksorganiseerder: Wes-Kaap

Streeksorganiseerder:Wes-Kaap Helpende Hand Hierdie pos is gebaseer in die Wes-Kaap. Die geskikte kandidaat moet in die streek woon en sal vanaf die Solidariteit-dienskantoor in Bellville werk. Die geskikte kandidaat moet bereid wees om te reis. Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig jy:  ’n senior sertifikaat;  twee tot drie jaar toepaslike ervaring in…

Lees meer

Kommunikasiebestuurder Helpende Hand

Kommunikasiebestuurder Solidariteit Helpende Hand Die pos is gebaseer in Kloofsig, Centurion binne ʼn organisasie sonder winsoogmerk. Om te kwalifiseer benodig jy ʼn B-graad of ander toepaslike kwalifikasie plus ’n minimum van 5 jaar bestuurservaring binne ʼn kommunikasie- en bemarkingsomgewing. Ervaring en kennis van gemeenskapsorganisasies en ’n bewese rekord van betrokkenheid hierby sal in jou guns…

Lees meer

Nuwe platform vir app-ontwikkeling bekendgestel

Die ontwikkeling van briljante apps is nou binne die bereik van app-foendi’s én -groentjies, danksy die bekendstelling van Solidariteit Helpende Hand se innoverende APPfabriek.

Lees meer

Kapenaars kuier in eg Franse tradisie

Meer as 100 Kaapse bejaardes is in eg Franse tradisie bederf as deel van die Vat ’n Ouma fliek toe-projek wat deur Solidariteit Helpende Hand aangebied word.

Lees meer

Gauteng-Suid vier fees én verwarm harte

Terwyl die vrywilligers van Helpende Hand se Heidelberg-tak ywerig aan die werk en beplan vir hul Solidariteit-fees is, het die Alberton-tak onlangs’n baie spesiale uitreikaksie na behoeftiges in dié omgewing gedoen.

Lees meer

KwaZulu-Natal – ’n plek van omgee

KwaZulu-Natal is ’n streek waar die omgee van mense behoorlik gevoel en gesien kan word. Dié streek, met sy 11 takke, het in die afgelope paar maande aktief deelgeneem aan Helpende Hand se nasionale Skooltassieprojek en ook op verskeie ander maniere Helpende Hand se fokus op armoedeverligting en voorkoming uitgeleef.

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!