Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Die soet, soeter, soetste finalis is aangewys

Die soet, soeter, soetste finalis is aangewys

Die soet, soeter, soetste finalis is aangewys Solidariteit Helpende Hand se Stoofstories: Koeksisterkompetisie het hulle heel eerste stroopsoet finalis aangewys. Die Gauteng-Noord-streek se uitdunrondtes het Saterdag 27 Junie 2015 by die Solidariteit Kragdag op Diamantvallei, sowat 30 km oos van Pretoria, plaasgevind. Na ernstige, somber besinning het die drie beoordelaars besluit dat Lodika Odendaal se…

Lees meer
KwaZulu-Natal skrik nie vir die koue nie

KwaZulu-Natal skrik nie vir die koue nie

Helpende Hand-takke in KwaZulu-Natal het gewys hulle skrik nie vir die koue nie. Die takke het weggespring om die winter te bekamp met ʼn verskeidenheid projekte. Die Port Shepstone-tak het ʼn skenking van komberse en serpe by die Anerley Aftree-oord gaan aflaai, waar die bejaardes se harte het warm geword van dankbaarheid. Die tak het…

Lees meer

Stoofstories: Koeksisterkompetisie se uitdunrondtes breek aan

Beoordelaars is gediagnoseer met suikersiekte, tandartse was nog nooit so besig nie en bobaasbaksters oraloor staan met hulle houtlepels in die hand. Dit kan net beteken dat Solidariteit Helpende Hand se koeksisterkompetisie se uitdunrondtes gaan begin. Die kompetisie het menigte aspirant- en kundige bakkers gelok en daar is 110 resepte van regoor Suid-Afrika ontvang. Uitdunrondtes…

Lees meer
Likwidasie van myne bring geleenthede om mense te help 1

Likwidasie van myne bring geleenthede om mense te help

Likwidasie van myne bring geleenthede om mense te help Die likwidasie van die Consolidated Murchison-myn in Gravelotte het baie druk op die Helpende Hand takke op Tzaneen en Phalaborwa in Limpopo geplaas. Amper veertig gesinne verkeer in nood nadat meer as ʼn 1000 mense hulle hul werk in Februarie verloor het. Gelukkig kon Helpende Hand…

Lees meer
Die Oos-Kaap is ORANJE! 1

Die Oos-Kaap is ORANJE!

Die Oos-Kaap was behoorlik bedrywig gewees. ʼn Splinternuwe skenkingskantoor is geopen op Jeffreysbaai waar hulle letterlik die strate oranje gemaak het deur oranje lap om bome te drapeer. Die lap is ʼn meter-stukke verkoop en dan gebruik om die strate op te kikker. Die doel van die projek was om die gemeenskap bewus te maak…

Lees meer
Die Vrystaat jaag drome op motorfietse na 1

Die Vrystaat jaag drome op motorfietse na

Helpende Hand-takke in die Vrystaat het baie se drome bewaarheid met ʼn buitengewone projek vir gestremdes. Die projek is aangepak saam met Impact Brandfort, ʼn motorfietsklub wat die gestremdes met ʼn rit op hulle ysterperde bederf het. Die Henneman-tak het skooltassie uitgedeel aan Gr. R-leerlinge om seker te maak die kinders is reg vir die…

Lees meer

Talentvolle Wiskunde-leerlinge kry “hupstoot” met skenking

Algebra, trigonometrie en meetkunde klink vir die meeste mense behoorlik na Grieks, maar danksy ’n skenking deur Solidariteit Helpende Hand aan 19 Rustenburgse hoërskoolleerlinge sal selfs die taaiste wiskundeprobleme nou kafgedraf kan word. Volgens Hugo Vermeulen, hoof van Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum, glo Helpende Hand dat jongmense wat gehalte-onderrig in die algemeen – en…

Lees meer

Helpende Hand en Jak de Priester maak kindermagies vol

Die bekende Afrikaanse sanger, Jak de Priester, het ʼn groep opgewonde kleuters van die Kleuterland-kleuterskool in Rayton vandag saam met Solidariteit Helpende Hand besoek as deel van dié organisasie se nasionale Kosblikkieprojek. De Priester, bygestaan deur Helpende Hand se gelukbringer, Lappies die Leeu, het die skool se meer as 150 kleuters oor die belangrikheid van…

Lees meer

Kokkedoor se Tannie Poppie laat teepotte kook vir gesinne in nood

Poppie Coetzer, oftewel Tannie Poppie, soos wat sy sedert haar Kokkedoor-roem in 2013 onder kosliefhebbers bekendstaan, is soos altyd ’n mens-mens. Daarom gaan sy binnekort met Solidariteit Helpende Hand se Centurion-tak hande vat en die teepotte behoorlik laat kook ten bate van agt plaaslike gesinne in nood. Dié tak hou op 25 Julie ʼn spesiale…

Lees meer

Helpende Hand kap na Lesufi oor Afrikaanse skole

Solidariteit Helpende Hand het vandeesweek in ’n sterk bewoorde ope brief aan die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, uitgevaar teen die departement se aanvalle op Afrikaanse skole. Dit volg op die mees onlangse debat oor ’n beweerde voorval van rasse-segregasie by ’n privaatskool in die noorde van Pretoria.

Lees meer