Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Onderwyser-app vir Aug

As ek die aantal geheuestokkies wat ek al besit het, moet uitpak sal ek verseker van een rugby-paal na ’n ander kan loop. Tog is ek alewig op soek na ’n stokkie… Hierdie moedeloosheid het my genoodsaak om die tegnologie wêreld te ondersoek vir iets meer effektief waar ek my inligting kan stoor en dit makliker bekombaar kan wees. Google drive was vir my die antwoord. Vir die laaste jaar of so gebruik ek Google drive en het ek nou al gemaklik geraak om al my inligting daar te stoor.

Lees meer

Wiskunde-probleme van die maand: Augustus 2015

1.    Los die volgende probleem op sonder om gebruik te maak van gelyktydige vergelykings. Antwoord: Ma = 42 ; Seun = 12 ; Dogter = 9

Lees meer

Werkswinkel vir Afrikaans Huistaal as vak lok bykans 400 leerlinge

Bykans 400 graad 12-leerlinge woon eerskomende Saterdag, 29 Augustus, ’n werkswinkel vir Afrikaans Huistaal as vak by Hoërskool Zwartkop by. Dié gratis werkswinkel is ’n inisiatief van die Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum en sal fokus op leesbegrip, opsomming en taalleer. Gerda Kleynhans, departementshoof by Hoërskool Waterkloof, is al ’n ou hand in die opstel en nasien…

Lees meer

Veertien redes hoekom Afrikaanse skole gedy en dus moet bly!

Afrikaans word deur sewe miljoen Suid-Afrikaners as moedertaal gepraat en ’n verdere 13 miljoen praat gereeld Afrikaans. Bykans 22% van alle Suid-Afrikaners praat dus Afrikaans en dit is die derde grootste gebruikstaal in Suid-Afrika. Afrikaanse skole het van die beste skoolhoofde, onderwysleiers en onderwysers in die land. Afrikaanse skole word toegewyd deur bekwame beheerliggame bestuur….

Lees meer

Die Oos- en Suidkaapstreek se aktiwiteite vir Augustus

Solidariteit Helpende Hand Mosselbaai se splinternuwe tak is op 7 Julie 2015 gestig.  ʼn Nuwe skenkingskantoor gaan ook binne kort op Mosselbaai geopen word.  Die tak is baie opgewonde en kan nie wag om ’n verskil in hul gemeenskap te begin maak nie. Van links na regs op die foto: Nic Scott – Voorsitter Erna…

Lees meer

Weskaapstreek se aktiwiteite vir Augustus

Ons het Julie ’n Brackenfell-tak gestig en sommer met 35 nuwe ondersteuners afgeskop. Die tak het op 29 Augustus hul eerste uitreik by die Rusoord Tehuis. Die bejaardes sal bederf word met musiek, eetgoed en toiletware. Nieuwoudtville asook die Wes-Kaap Jeugtak word binnekort gestig. Kraaifontein-tak het hul eie studiefonds gestig. Die takke op Wellington en…

Lees meer

Gauteng-Noord se aktiwiteite vir Augustus

Op 31 Julie het Hoërskool Overkruin se jaarlikse Blikkiebou-projek plaasgevind. Die projek het al in Januarie begin waar elke leerder drie blikkies kos in die eerste kwartaal en drie blikkies kos in die derde kwartaal skool toe gebring het met die oog om op die groot dag in siviele drag te mag skool toe gaan….

Lees meer

Helpende Hand spandeer duisende vir Limpopo- en Noordwes-kinders

Die Groblersdal-tak is jaarliks betrokke by ’n baie oulike inisiatief van die Vroue Landbou Unie (VLU) Kosmosstreek waar behoeftige en dikwels verwaarloosde dogters vanuit ’n paar dorpe op ’n lewensverrykingskamp geneem word en sommer behoorlik bederf word. Die tak borg elke jaar ’n paar van die dogters se koste om die kamp by te woon…

Lees meer

Noordwes en Noord-Kaapstreek se aktiwiteite vir Augustus

Die Noordwes- en Noord-Kaap-streek groei teen ’n bestendige tempo. Met die onlangse stigting van die Koster- en Stilfontein-takke is daar nou twintig takke in die streek. Bothaville-tak het ’n omvattende oplossing vir die beurtkragprobleem in die kinderhuis op Bothaville gebied met die voorsiening en installasie van ’n krag-omsetter en studieligte. Dit berg krag tydens normale…

Lees meer

Mpumalangastreek se aktiwiteite vir Augustus

Die Standerton-tak is onlangs gestig deur ʼn groep vroue met ʼn passie vir hul gemeenskap. Hulle is reeds besig om ’n groot verskil in die gemeenskap te maak met projekte wat hulle begin het. Die takvoorsitter, Lindie Davel, het gesê sy is opgewonde om betrokke te wees by Helpende Hand. Secunda-tak se Baadjie-vir-’n-Maatjie-projek het tot…

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!