Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Ouma Ella (86) brei 90 mussies

Ouma Ella is ’n inspirasie vir almal by Helpende Hand in Port Elizabeth-Wes. Sy het 90 mussies gebrei om die bejaardes by die ACVV Adcock van der Vyfer Atreeoord, ’n plaaslike ouetehuis, deur die laaste van koue van die winter te help. Die Helpende Hand tak in Port Elizabeth-Wes se projek, Warm hande brei warm…

Lees meer

Die Solidariteit Beweging hou Toekomsberaad op 10 Oktober 2015!

Werkbare planne sal aangekondig word om vir die Afrikaanse kultuurgemeenskap ’n vrye, veilige en voorspoedige toekoms te bewerkstellig. Afgevaardigdes, lede en vriende van instellings van die Solidariteit Beweging sal na verwagting Saterdag 10 Oktober 2015 in Pretoria byeenkom vir ʼn historiese Toekomsberaad. Werkbare planne sal aangekondig word om vir die Afrikaanse kultuurgemeenskap ’n vrye, veilige en voorspoedige…

Lees meer

My dag as bedelaar

Toe Isabel my vra of ek ’n boemelaar sal wees op Maandag 31 Augustus, het ek dadelik ja gesê, want ek hou van ’n uitdaging. Die oggend van 31 Augustus het ek egter gewonder waarvoor ek my ingelaat het! Dit het inderdaad langer geneem om gereed te maak om soos ’n boemelaar te lyk as…

Lees meer

Waarom jy nie vir bedelaars moet gee nie

Lede van Solidariteit Helpende Hand het saam met ’n groep studente by verkeersligte gebedel as deel van die #geeREG-veldtog. Vir die meeste was dit ’n vernederende en traumatiese ervaring. Die doel van die oefening was om bewustheid te skep oor die gevare daaraan verbonde as geld onnadenkend aan bedelaars gegee word. Voorts wou die oefening…

Lees meer

Helpende Hand se koeksisterkompetisie lok bekende bakkers

Solidariteit Helpende Hande se Stoofstories-kompetisie het bakkers van heinde en verre gelok, insluitend drie voormalige Huletts-koeksisterwenners en ’n bakker van Koekedoor-faam. Die publiek kan hierdie bekende bakkers se koeksisters kom proe by die finaal op 3 Oktober by die Hazelwood-kosmark in Pretoria. Helpende Hand nooi elke soettand hartlik uit om die land se beste koeksisters…

Lees meer

Suid-Kaap September Nuusbrief

In die Suid- en Oos-Kaap is dit behoorlik aan die gons. Ons het nuwe takke in Mosselbaai, Uitenhage, Somerset-Oos en Patensie. Daar het ook ’n pragtige skenkingskantoor in Jeffreysbaai ontstaan. Die voorraad kom letterlik by die voordeur ingeloop! Die George-tak se mooi Helpende Hand-fietsryhempies was weer baie sigbaar tydens die Trans-Baviaans. Hou gerus die tak…

Lees meer

KwaZulu-Natal September Nuusbrief

Amanzimtoti-tak hou damesoggend Die Amanzimtoti-tak het by die damesoggend van die NG Kerk Suidkus met dames gesels oor die rol van die tak in hul gemeenskap en baie nuwe lede gewerf. Mej. Dowe SA, Leane van der Berg, was die vonkelvrou by die geleentheid. Sy het almal verstom het met haar ongelooflike toespraak. Twee weke…

Lees meer

Mpumalanga September Nuusbrief

Snoepiegeld befonds warm etes vir behoeftige kindertjies Solidariteit Helpende Hand se Bethaltak het gehoor dat die snoepie by Laerskool HM Swart op soek is na ’n nuwe eienaar. Hulle het dadelik die geleentheid aangegryp om die snoepie te bestuur. Die wins uit die snoepie word gebruik om warm etes aan die skool se behoeftige kinders…

Lees meer

Helpende Hand vereer Jeffreysbaai-vrywilliger

Solidariteit Helpende Hand het tydens ’n glansgeleentheid op Buffelspoort, net buite Rustenburg, vir Marcelle van Schalkwyk aangewys as die Nasionale Vrywilliger van die Jaar. Helpende Hand is geheel en al van vrywilligers afhanklik om hul hande in die gemeenskap te wees. Geen goeie daad is moontlik sonder die hulp van die onbaatsugtige vrywilligers soos Van…

Lees meer

Helpende Hand kroon Nasionale Tak van die jaar

Solidariteit Helpende Hand het onlangs hulle top takke in hulle nege streke aangewys. Die takke, wat uitsluitlik bestaan uit vrywilligers, het die afgelope twee jaar ‘n daadwerklike verskil in die lewens van hulle gemeenskappe gemaak. Helpende Hand het tans 139 takke landwyd en die getal groei maandeliks. Bykans 1500 vrywilligers het dit vanjaar moontlik gemaak…

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!