Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Ons Plek lewer môre se leiers op

Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapsentrum in die Strand se kinders behaal puik prestasies ten spyte van ’n moeilike agtergrond Een van hierdie kinders is Christiaan Smit, ’n 17-jarige wat finansieel baie swaarkry. Smit kon weens finansiële druk nie sy akademiese loopbaan voltooi nie. Helpende Hand het ingegryp en vir hom plek in die vaardigheidsafdeling van…

Lees meer

Bakkies Botha nou deel van die Haka-span

Die wêreld sal eersdaags ’n nuwe gesig sien wanneer die Haka uitgevoer word. Dit is natuurlik die Tassie-Haka van Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek. Die bekende rugbyspeler, Bakkies Botha, sal voortaan as ambassadeur van die projek optree. Hierdie nuwe rol van die formidabele Botha wys ’n baie sagter kant, wat nie altyd op die rugbyveld…

Lees meer

Kersvader is in aantog

Kersliggies begin oral brand, maar vir baie lede van ons gemeenskap is dit nie moontlik om die Kerstyd te vier nie. Om seker te maak dat elke huishouding in die Jeffreysbaai-omgewing ’n heerlike Kersete op die tafel het, hou Solidariteit Helpende Hand ’n spesiale motorfiets-ontbytrit om fondse in te samel. Op 13 Desember is daar…

Lees meer

30 Kerswense oor 30 dae!

Dit is amper Kersfees en Solidariteit Helpende Hand wil mense se Kerswense bewaarheid. Die publiek kan nou mense nomineer om hul wense waar te maak. Oor die volgende 30 dae sal 30 wense ter waarde van R1 000 elk gekies word. Vanaf Vrydag, 13 November tot 15 Desember 2015 kan Kerswense op Helpende Hand se…

Lees meer

Staan op teen mensehandel

Baie Suid-Afrikaners is onder die indruk dat slawerny nie meer bestaan nie, maar die realiteit is dat Suid-Afrika onder die toptien lande in Afrika gereken word as dit by mensehandel kom. Daadwerklike stappe word benodig om die gety te stop. Solidariteit Helpende Hand bied op 5 Desember ’n praktiese kursus aan om die publiek in…

Lees meer

Helpende Hand bewillig R100 000 uit Rampgebied Studiefonds vir boere se kinders

Die ergste droogte in 55 jaar het die land se boere op hul knieë en hulp van die staat lyk onwaarskynlik na uitsprake van die regering. Helpende Hand het daarom besluit om die  Rampgebied Studiefonds wat tydens die Platinumstaking van 2014 gestig is hiervoor aan te wend en het R100,000 vir hierdie doel bewillig. Me.…

Lees meer

Helpende Hand takel graadeens se grootste leerprobleme

Dis weer die tyd van die jaar dat voorskoolse kinders begin dink aan hulle “Eendag as ek groot is”-drome en al die uitdagings wat dit gaan bied. Solidariteit Helpende Hand gaan behoeftige kinders weereens van ʼn tassie voorsien. Die tassie bevat items wat van hul grootste leerprobleme kan uitstryk sodat hulle nie agterraak nie. Helpende…

Lees meer

Malelane se Helpende Hand-tak stap deurnag vir kanker

Die Solidariteit Helpende Hand-tak op Malelane het hul pienk strikkies vasgesteek en hul ondersteuning vir Kansa gaan wys. Die kankervereniging het op 31 Oktober 2015 ’n fondsinsameling vir kankernavorsing gehou. Die Helpende Hand-tak het gekyk hoeveel rondtes hulle en ander spanne om die Malelane Rugbyklub se baan kan stap. Die aflosstap het om 18:00 begin…

Lees meer

Stel jouself voor jy hoor vir die eerste keer in jare…

Veertig bejaardes kon vir die eerste keer in jare hul geliefdes se stemme hoor, danksy Helpende Hand se Bejaardes-projek. Die bejaardes is almal hardhorend en moes gehoorapparate kry. Die eerste groep van 15 het hul apparate gekry en hulle reaksies daarop was merkwaardig. Die bejaardes, wat vroeër daardie maand deur die Impact Hearing-span getoets is,…

Lees meer

Kom ons maak Pongola vry, veilig en voorspoedig

Solidariteit Helpende Hand gaan in November ʼn plan bekendstel om Pongola van ʼn blinker toekoms te verseker. Helpende Hand wil al sy nasionale projekte in Pongola implementeer om sodoende ʼn helpende hand in die gemeenskap te wees. By die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad in Oktober vanjaar het Flip Buys gesê dat dit ons geslag se…

Lees meer