Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Lees meer

Solidariteit Helpende Hand ondersoek middelklas se studielenings

Die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum gaan in 2016 meer as R31 miljoen aan rentevrye studielenings aan 1240 studente uitbetaal. 4002 aansoeke is deur die Studiefondssentrum ontvang vir finansiële hulp in 2016, in vergelyking met net meer as 3000 aansoeke in 2015. Volgens Dr. Danie Brink, Uitvoerende Hoof van Helpende Hand, is daar ’n skerp styging…
Lees meer

Solidariteit Helpende Hand maak R625,000 beskikbaar vir droogtehulp

Solidariteit Helpende Hand het vandag aangekondig dat ’n bedrag van R625,000 beskikbaar gemaak is vir droogtehulp onder boere. Hierdie bedrag bestaan uit ’n inisiële R100,000 in die vorm van koopbewyse vir voedselaankope en ’n bedrag van R525,000 wat in die Rampgebied Studiefonds beskikbaar gestel is. Dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand, het sy…
Lees meer

Toer 21: Skole se geleentheid vir wêreldgehalte-opleiding

Op 26 en 27 Januarie kry onderwysers in Gauteng die geleentheid om van Suid-Afrika se beste professionele opleiding in die onderwys te ervaar wanneer die SOS ʼn dinamiese middagseminaar op die twee dae hou. Die seminare fokus op die professionele ontwikkeling van alle Afrikaanse onderwysers, maar veral Wiskunde- en Afrikaanse Huistaal-onderwysers. Dit word in die…
Lees meer

Kommentaar op Jaco Strydom se artikel

Kommentaar op Jaco Strydom se artikel “Om jammer te voel, is net nie genoeg nie” Moet ons gee...? Definitief, maar met goeie oordeel en oordenking! As jy nie weet wat ’n bedelaar met jou geld doen nie – is dit onverantwoordelik.
Lees meer

Bakkies Botha onthou sy eerste skooldag

Die eerste skooldag kan baie intimiderend vir nuwe leerlinge wees, maar vir die 145 graadeens van Laerskool Simon Bekker in Pretoria was daar baie opwinding. Solidariteit Helpende Hand het saam met die bekende rugbyspeler, Bakkies Botha, skooltassies gaan uitdeel aan behoeftige leerders. Botha het ook van die geleentheid gebruik gemaak om toekomstige rugbyspelers te identifiseer…
Lees meer

Helpende Hand help water aandra

Die droogte pluk aan almal van ons se hartsnare. Maar nou kan jy iets prakties daaroor doen. Solidariteit Helpende Hand se takke in Gauteng-Suid samel litres  water in om aan die droogtegeteisterde Vrystaat te skenk. Raak vandag nog betrokke deur jou bottels water na jou naaste Helpende Hand-tak te neem. Die projek se naam is…
Lees meer

Gauteng-skole vaar die beste

In die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen behaal Gauteng die grootste aantal onderskeidings in Afrikaans Huistaal met 972 onderskeidings teenoor die Wes-Kaap se 966 onderskeidings.  Verder het Gauteng die spogprestasie behaal met slegs 60 Afrikaanse skole terwyl die Wes-Kaap met 109 skole sit. Die top vier skole met die meeste onderskeidings kom ook almal van Gauteng…
Lees meer

Afrikaans is steeds matrieks se top-taal

Afrikaans Huistaal het persentasiegewys die meeste onderskeidings van al die Huistale behaal. Leerders se prestasie tydens die 2015-matriekeindeksamen bevestig dat Afrikaans Huistaal die kroon dra as dié huistaal in die land. Uit die 358 Afrikaanse skole het 311 skole onderskeidings in Afrikaans Huistaal opgelewer. IsiZulu het die meeste leerders gehad wat eksamen geskryf het met…
Lees meer

Wiskunde by Afrikaanse Skole is 500% beter as die res

Wanneer ’n groep skole wat slegs 5,3% van alle skole in Suid-Afrika beslaan meer as 28% van die land se wiskunde onderskeidings behaal, weet jy dat jy te doen het met wêreldgehalte wiskunde-onderrig. Hierdie uitsonderlike prestasie is behaal deur die leerlinge van slegs 358 Afrikaanse hoërskole (5,3%) in Suid-Afrika wat 2193 onderskeidings (28,2%) in wiskunde…
Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!