Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Wiskundeprobleem vir Februarie 2015 3

Interessante wiskunde brokkie Februarie 2016

Toon aan dat die pers oppervlak gelyk is aan die som van die geel oppervlaktes. Oplossing: Merk op dat daar in die reghoek groot driehoeke te vind is:

Lees meer

Wiskunde-probleme van die maand: Januarie 2016

’n Sekere plant se blomme groei op ’n ongewone manier. Wanneer hierdie plant in die grond geplant word groei dit 3 nuwe blomme elke 2 weke vir die eerste 10 weke. Daarna groei dit 6 nuwe blomme elke 4 weke vir die volgende 20 weke. As die blomme aanhou groei teen hierdie tempo, hoe lank…

Lees meer

’n Klein bosluis kan ’n groot os plattrek

Solidariteit Helpende Hand (SOS) ondersoek die toekoms van Afrikaanse skole Afrikaans sal nie sommer verdwyn nie. Dít is die mening van onderwyskenners wat by die Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum (SOS) se bekendstelling in die Atterbury Teater gepraat het. Volgens hierdie vooraanstaande onderwyskenners sal daar nog teen 2036 Afrikaanse skole in Suid-Afrika wees solank Afrikaanse organisasies verantwoordelikheid…

Lees meer

Solidariteit en Helpende Hand skenk agt ton voedsel vir afgelegdes in Witbank

Solidariteit Helpende Hand het op 19 Februarie bykans agt ton se kospakkies uitgedeel by wat moontlik die eerste van vele uitdeelaksies in die gebied gaan wees. Nagenoeg 2 187 mense is deur die afleggings by onderskeidelik Highveld Steel en Vanchem Vanadium Products geraak, waarvan 300 Solidariteit-lede is. Solidariteit-lede het by ʼn plaaslike kerk bymekaargekom om…

Lees meer

Solidariteit en Helpende Hand gryp in by die Witbank-afleggingkrisis

300 Gesinne sal van kospakkies voorsien word Die vakbond Solidariteit en Helpende Hand gryp vandeesweek daadwerklik in met ’n noodplan om die 300 Solidariteit-lede by te staan wat hul werk in een van Suid-Afrika se grootste afleggingstragedies verloor het. Die noodplan sal tydens ’n Solidariteit-ledevergadering op 19 Februarie bekend gemaak word waar die vakbond lede…

Lees meer

Noordwes en Noord-Kaap: Dankbaarheid loop oor

Die gemeenskappe in Noordwes en die Noordkaap kan behoorlik dankbaar wees vir die hand wat Solidariteit Helpende Hand in die opheffing van armoede in hierdie streek uitgestrek het. Die streek ontwikkel gedurende 2015 tot 22 vrywilligertakke. ‘n Kliëntediensbeampte word aangestel en die tweede skenkingskantoor in die streek word in Klerksdorp van stapel gestuur. Sewe gemeenskapsbeurse…

Lees meer

Vrystaat: bedien die streek met geslaagde balans

Alhoewel die Vrystaat streek slegs 14 takke het, is dit 14 takke wat voorwaar ’n diep Helpende Hand voetspoor reeds in hul gemeenskap gevestig het. Die staande takke is goed gefokus op die visie van die organisasie en het die “voorkoming” van armoede reeds gevestig by instansies in die gemeenskappe. Daar is geweldige goeie samewerking…

Lees meer

Limpopo: Papier kan nooit ons impak beskryf nie

In Limpopo het 17 Takke se 95 vrywilligers in 2015 met 141 projekte amper R1.6 miljoen teruggeploeg in hul gemeenskappe. ’n Verdere R404 000 is in die vorm van rentevrye studielenings vanuit ons 12 gemeenskap studiefondse aan 21 studente toegeken. Hierdie R2 miljoen en al die passie, toewyding, opoffering en harde werk; is ons belegging in…

Lees meer

Arm studente moet opbou, nie afbreek nie

Vier studente wat studielenings by Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum ontvang het, het bewys dat mens nie hoef af te breek as jy nie fondse vir studies het nie. Leon van Rheede van Oudtshoorn, Dewald Brummer, Darren Vlotman en Nathan Smith het ’n groep gevorm wat ’n positiewe bydra tot hulle gemeenskap wou maak. Die…

Lees meer

Toer 21 is eersdaags op jou voorstoep

In 2016 kry alle Afrikaanse hoër- en laerskoolonderwysers die geleentheid om van Suid-Afrika se beste professionele opleiding in die onderwys te ervaar. Die SOS bied ʼn dinamiese middagseminaar oor twee dae aan wat fokus op die professionele ontwikkeling van alle Afrikaanse onderwysers, maar veral Wiskunde- en Afrikaans Huistaalonderwysers. Gedurende 2016 sal 21 dorpe en stede…

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!