Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Steval Pumas en Vodacom Blue Bulls vat hande met Helpende Hand om Witbank by te staan

Steval Pumas en Vodacom Blue Bulls gaan die inkomste uit hul vriendskaplike wedstryd op 2 April skenk aan die inwoners van Witbank wat geraak is deur die onlangse afleggings by Ezvra Highveld Steel en Vanchem Vanadium Products. Die wedstryd vind plaas by die Witbank Stadium, wat die historiese tuisveld van die Steval Pumas is. Die…

Lees meer

Die toekoms van werk (’n kykie vir vandag se jongmense)

Jongmense leef in ’n baie opwindende tyd in hierdie wêreld. Alhoewel uitdagings soos die wêreldwye trae ekonomiese groeikoers, armoede en ander uitdagings baie groot is, is die geleenthede van vandag ewe groot. Die geleenthede wat oor jongmense se pad gaan kom, maak ’n volwassene amper jaloers, maar maak ’n mens soms ook dankbaar dat jy...

Lees meer

As jy nooit verwag het om te verwag ná al die gewag nie!

Ná vier jaar se pille, hormone, inspuitings, ongemaklike sonars, baie trane, hormoonbuie en duisende rande se skuld het ek genoeg gehad. Nadat ons enigste twee embriotjies met In-Vitro-behandeling nie oorleef het nie en ek ernstige komplikasies ná die prosedure ontwikkel het, moes ons tot die moeilike aanvaarding kom dat ons ons waarskynlik nooit ons eie...

Lees meer

Helpende Hand tooi Sabie se bejaardes in rooi

Solidariteit Helpende Hand se Sabie-tak het hulle harte oopgemaak vir die bejaardes van Sabie Aftree-oord. Inwoners in die aftree-oord is bederf met ’n dag van lekker eet en speletjies speel. Veertig bejaardes is deur die tak bederf vir spesiaal vir Valentynsdag. Baie van die bejaardes het skaars geweet wat Valentynsdag is, maar was heerlik verras…

Lees meer

340 000-dankies vir die Tzaneen -gemeenskap se betrokkenheid

Die Solidariteit Helpende Hand-tak op Tzaneen wil die gemeenskap opreg bedank vir hul betrokkenheid gedurende die afgelope jaar. Danksy hul oop hande en harte kon Helpende Hand tussen Januarie 2015 en Februarie 2016 R340 237 terugploeg in die gemeenskap. Volgens die takvoorsitter, Riekie Smit, is hulle oorweldig deur die gemeenskap se ondersteuning. “Ons het eerstehands gesien…

Lees meer

Helpende Hand maak ’n verskil by Susan Strijdom Ouetehuis

Solidariteit Helpende Hand se Cappuccino’s-tak het uitgereik na die bejaardes in Susan Strijdom Ouetehuis in Pretoria om bietjie van die eensaamheid, isolasie en armoede te verlig. Die tak het die bejaardes bederf met ‘n heerlike stukkie koek en n geskenkie. Vir Helpende Hand is bejaardes baie spesiaal en daarom word hulle as deel van die…

Lees meer

Gauteng beleef ʼn pleegouer -krisis

Oor die afgelope drie jaar het die aantal pleegouers in die land drasties afgeneem. In Gauteng is daar ʼn  afname van 13%, sedert 2013 en ʼn landwye afname van 10% is te bespeur.  Solidariteit Helpende Hand het ʼn spesiale platform om die tekort aan pleegouers die hoof te bied deur die proses vir potensiële pleegouers…

Lees meer

Wiskunde-probleme van die maand: Maart 2016

Hoe duur is elkeen van die volgende items? (Wenk: Die oplossing maak gebruik van gelyktydige vergelykings) Het jy ’n makliker oplossing vir die probleem? Die eerste nie-lid wat ’n korrekte oplossing vir laerskool leerlinge epos na valentyn@helpendehand.co.za, sal gratis V.A.W.-lidmaatskap vir 2016 ontvang as prys. Antwoord: Oplossing 1 (Hoërskool leerlinge): Stel die sambreel =x en…

Lees meer

Moenie dat ons kinders verlore gaan nie; word ʼn pleegouer

Oor die afgelope drie jaar het die getal pleegouers in die land drasties afgeneem. Vanaf meer as 570 000 pleegouers aan die einde van 2013 het hierdie getal gedurende 2016 tot 450 000 gedaal. Solidariteit Helpende Hand het ʼn spesiale platform bekendgestel om die tekort aan pleegouers die hoof te bied deur die proses vir potensiële…

Lees meer

Helpende Hand spandeer R531 000 om meisies in die skool te hou

Volgens ’n studie wat Solidariteit Helpende Hand gedoen het mis meisies tot 55 dae per jaar weens ’n tekort aan sanitêre produkte. Die #HelpHanna-projek het die afgelope paar maande meer as R531 000 spandeer om meisies van die nodige sanitêre produkte te voorsien. Meer as 10% van meisies in Suid-Afrikaanse skole het elke maand ’n geweldige…

Lees meer