Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

LESUFI VERHEF OMSENDSKRYWE TOT WET

LUR pas subtiele boelietaktieke toe om naamveranderings op Afrikaanse skole af te dwing. Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng storm voort met sy boelietaktiek teenoor Afrikaanse skole – hierdie keer oor die skoolnaam-, embleem- en leuseverandering van skole in Gauteng.  Die opportunistiese Lesufi het pas deur middel van sy onderwyshoof, twee omsendskrywes aan skoolhoofde …

Lees meer

Stel jy belang in ʼn internskap in kommunikasie?

Solidariteit Helpende Hand se jaarlikse internskapprogram skop weer af tydens die wintervakansie en behels baie meer as koffie-maak en liasseerwerk. Die internskap is oop vir senior studente wat tans studeer in die kommunikasie-veld en beloof om kandidate goed voor te berei op die werksplek. Die internskap duur vanaf 29 Junie tot 15 Julie by Helpende…

Lees meer

Suid-Afrika se grootste Afrikaanse Onderwyskongresse bied wêreldklas professionele ontwikkeling

Solidariteit Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum (SOS) se kongres vir Wiskunde en Afrikaanse Huistaal-onderwysers bring kenners van regoor die wêreld Die Solidariteit Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum (SOS) bied tydens die Julie-skoolvakansie sy vyfde jaarlikse driedagkongresse in Noordwes en die Wes-Kaap aan. Alhoewel ’n groot deel van die kongresse op wiskunde en Afrikaans Huistaal fokus, bied vanjaar se kongresse…

Lees meer

ʼn Volhoubare buitemuurse program as positiewe bydrae tot onderwys en opvoedkunde

Dr. Pierre Edwards Hoof, Afrikaanse Hoër Seunskool Dit is geen geheim dat onderwys nou al vir meer as ʼn dekade knaend in die nuus is en, veral wat die departement van onderwys betref, is die nuus meesal nie goed nie. Ek verskuif die klem na goeie nuus: Ons funksionele skole met hul besondere buitemuurse aanbod…

Lees meer

Nuwe gids verduidelik wat om te doen in jou uur van nood

Helpende Hand stel ’n gids vry met inligting oor stappe om te volg na die afsterwe van ’n geliefde Niemand hou daarvan om te dink aan die afsterwe van ’n geliefde nie, maar wanneer die tragedie jou in die gesig staar en jy nie weet wat om te doen nie, is die nood soveel groter.…

Lees meer

Lees meer

Wiskunde-probleme van die maand: April 2016

Die standaardvorm vir ’n kwadratiese vergelyking is: Indien w1 en w2  die wortels van die kwadratiese vergelykings is, bepaal die waardes van

Lees meer

Knip en plak met jou rekenaar

Vir baie onderwysers gaan vraestel opstel nog gepaard met die tradisionele knip en plak. In Wiskunde is dit daardie analitiese- of euklidiese meetkunde skets, geografie die goue oue wêreldkaart-stukkie of biologie se hart skets. Watokal die vakgebied elke onderwyser verstaan die knip en plak scenario. Met deesdae se vraestelle wat al hoe meer digitaal beskikbaar…

Lees meer

Sente vir Studente bring ’n toekoms vir gemeenskappe

Helpende Hand loods projek om studiefondse in 175 dorpe te stig en verdubbel die fonds rand-vir-rand Solidariteit Helpende Hand se nuwe studieleningsprojek vra nie veel nie; inteendeel, die projek vra net die kleingeld in jou beursie. Die projek wil in 175 dorpe ’n fonds stig om ’n behoeftige student in die gebied met ’n studielening…

Lees meer