Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

72,1% van Afrikaanse wiskunde-onderwysers nie tevrede met kwaliteit van DBO se professionele ontwikkeling nie

Skokkende statistieke wys hoe die departement van basiese onderwys (DBO) faal in een van sy kerntake, naamlik om onderwysers te bemagtig deur kwaliteit opleiding. Luidens ’n verslag van Solidariteit Helpende Hand se Skole-ondersteuningsentrum (SOS) is 72,1% van Afrikaanse wiskunde-onderwysers, as respondente in ’n studie oor die professionele ontwikkeling van Afrikaanse onderwysers, van mening dat die…

Lees meer

Solidariteit Helpende Hand se jag- en visvangkompetisie lewer wenners op

Die wenners in die Solidariteit Helpende Hand se Letsitele-tak se jag- en visvangkompetisie is op 28 Junie by die Junction Restaurant in Letsitele aangewys. Die drie wenners is mnr. Hertzog Landman (eerste plek), mev. E van der Pypekamp (tweede plek) en mnr. C Horrin (derde plek). Die doel van die kompetisie was om geld in…

Lees meer

40 000 leerders gaan floreer danksy Afrikaanse kongres vir onderwysers

Meer as 200 onderwysers het tydens die Julievakansie hul tyd opgeoffer om Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) se kongresse by te woon. Tot 40 000 leerders van hierdie groep onderwysers sal die vrugte pluk van hul onderwysers se toewyding aan hul professionele ontwikkeling. Die onderwysers is almal lede van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers…

Lees meer

Meer as 4 000 drome bewaarheid deur Helpende Hand-studielenings

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) bied sedert 2009 studielenings vir studente wat tersiêr wil gaan studeer. Hierdie lenings is 100% rentevry en is dus baie gesog onder mense wat nie kan bekostig om hul kinders te laat studeer nie. Tot op hede is meer as R120 miljoen in studielenings uitbetaal aan verdienstelike Afrikanerkinders. Op…

Lees meer

Mpumalanga se eerste skenkingskantoor open in Witbank

Solidariteit Helpende Hand se eerste skenkingskantoor in Mpumalanga is op 1 Julie in Witbank geopen. Fondse wat hier ingesamel word, word gebruik om die area se studiefondse te befonds. Die skenkingskantoor val onder die bestuur van die Mpumalanga-streek en fondse wat deur skenkings gegenereer word, word gebruik om studiefondse te stig wat beskikbaar gestel word…

Lees meer

Kry vandag die hupstoot wat jy nodig het vir Wiskunde!

Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) bied ’n verskeidenheid oplossings vir onderwysers, ouers en leerlinge wat wil verseker dat hulle die meeste uit hul wiskunde-opleiding put. Kry toegang tot die V.A.W. se gratis ekstra wiskundeklasse, aanlynvideo’s sowel as vraestelle en werkkaarte vir hoërskool- en laerskoolleerders. Die Markplein Helpende Hand het besluit om Die Markplein op…

Lees meer

Helpende Hand pak Afrikaner-armoede deur onderwys

Onderwys het ’n deurslaggewende invloed op die sosio-ekonomiese omstandighede van ’n gemeenskap. Om ’n gemeenskap op te hef, is dit belangrik om te verseker dat die onderrig wat die gemeenskap se kinders ontvang van wêreldgehalte is en daarom is dit belangrik om dié faktore wat verhoed dat daardie gehalte bereik word, uit die weg te…

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!