Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Helpende Hand beskerm nog altyd die menseregte van gestremdes

As organisasie is Solidariteit Helpende Hand in wese besorg oor die welstand van die weerloses in die samelewing. Bejaardes en kinders, wat nie na hulself kan omsien nie, word deur projekte soos Kosblikkie en Tuisgenoot beskerm. Daarom het Helpende Hand nie gehuiwer om te help toe hulle deur  ’n nieregeringsorganisasie genader is om 70+ gestremdes…

Lees meer

Arm bejaardes begeer geselskap meer as geld

Helpende Hand se bejaarde-projekte spreek hulle grootste behoefte aan Vir sewe uit tien behoeftige bejaardes is eensaamheid, en nié geld nié, hulle grootste probleem. So het Solidariteit Helpende Hand in ’n landwye studie gevind. Die studie het onderneem om die lewensomstandighede van arm bejaardes te assesseer om daardeur die organisasie te help om die hulp…

Lees meer

Helpende Hand debuteer by Hoeka Toeka

Die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak op Piet Retief het hul eerste openbare verskyning by vanjaar se Hoeka Toeka-motorskou gemaak. Die tak, wat in Mei vanjaar gestig is, is deur die organiseerders van die skou gevra om ’n stalletjie by die skou te hê om hul projekte aan die gemeenskap bekend te stel. Die Hoeka Toeka-motorskou…

Lees meer

Gemeenskap staan saam om geskiedkundige gholfklub te red

Solidariteit Helpende Hand en inwoners van Kroonstad het die reuse-taak onderneem om die Kroonstad-gholfklub te red. Die klub, wat nie meer munisipale ondersteuning ontvang nie, is waarskynlik die naasoudste gholfklub in ons land. Ongelukkig het stygende bedryfskoste meegebring dat die klub nou in dringende finansiële nood verkeer. Om fondse in te samel, is daar besluit…

Lees meer

Gauteng-Suidstreek help 250 gesinne deur hul Augustus-uitreik

Swak ekonomiese toestande in Suid-Afrika is ’n realiteit wat baie landsburgers in armoede gedompel het. Die suide van Gauteng is geen uitsondering nie en daarom het die Solidariteit Helpende Hand se takke in die streek besluit om uit te reik en verligting in die vorm van kospakkies sowel as toiletware aan 250 gesinne, wat swaar…

Lees meer

Helpende Hand maak meisies prinsesse vir ’n dag

Solidariteit Helpende Hand se tak op Witbank het 45 behoeftige meisies soos prinsesse laat voel. Diè tak het die meisies bederf met ’n verskeidenheid skoonheidsbehandelinge by die Protea Hotel op Witbank. Die doel van die projek was om die meisies, wat almal swaarkry, spesiaal te laat voel deur hulle hare te sny, hulle naels mooi…

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!