Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Belfast het jou hulp nodig na tornado huise verwoes

Groot skade is in die Belfast-omgewing in Mpumalanga aangerig nadat ʼn hewige storm en vermoedelik ʼn tornado oor die gebied beweeg het. Die Solidariteit Helpende Hand-tak het reeds ingespring om onmiddellike nood te verlig. Die grootste nood op die oomblik is kos en klere vir families wat deur die storm geraak is. Daar is verskeie…

Lees meer

Komatipoort onnies bederf

Die onderwysers van Komatipoort Akademia, Kwetternes en Toodle Todd’s is almal bederf met ’n heerlike kolwyntjie. Die oulike inisiatief is Solidariteit Helpende Hand se Komatipoort-tak se idee in ’n poging om die onderwysers spesiaal te laat voel. Die tak het op 19 Oktober by die skole opgedaag met ’n kolwyntjie vir elke onderwysers en ook…

Lees meer

Red jou wiskunde-uitslae, kry hulp op Die Markplein

Die einde van die jaar is op hande en met dit ook die gevreesde eindeksamen vir skoolleerders. Maar jy kan vanjaar seker maak dat jou kind voorbereid in die eksamenlokaal instap danksy Die Markplein. Koop gehalte hulpmiddels, kyk gratis video’s en laai gratis e-boeke af. Die Markplein is ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en…

Lees meer

Helpende Hand stel app bekend wat jou toekoms help beplan

Die Loopbaan-app is ’n Afrikaanse toepassing wat skoliere, ouers en veral lewensorienteringsonderwysers se lewe gaan vergemaklik deur kinders se belangstelling te toets en die TPT-telling te bereken. Die app is gratis beskikbaar met die nuutste inligting aangaande slaagvereistes en toelating sowel as nuusflitse wat die jeug raak.   Helpende Hand Loopbaan-app is deur bedryfskundiges ontwikkel…

Lees meer

Solidariteit Helpende Hand samel R 868 797 se kleingeld in

Solidariteit Helpende Hand se nuwe studieleningsprojek, Sente vir Studente, het ʼn allemintige R 868 797 se kleingeld ingesamel om te verseker dat Afrikaner-kinders kan gaan studeer. Die geld sal gebruik word om plaaslike kinders se studies te befonds.   Daar het 55 van Helpende Hand se takke deelgeneem aan die projek. Die takke het spaarbussies…

Lees meer

Helpende Hand loods Nasionale #geeREG-week

Moenie vir iemand anders iets doen wat hulle self kan doen nie Maandag 17 Oktober 2016 is die Verenigde Nasies se Internasionale Dag vir die Uitwissing van Armoede. Om hierdie dag te herdenk gaan Solidariteit Helpende Hand van 17 -21 Oktober 2016 projekte loods wat die plaaslike gemeenskap gaan baat, sonder om afhanklikheid te kweek….

Lees meer

Baanbreker geleentheid vir Afrikaans huistaal matrieks

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse vakvereniging, die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT), bied ʼn uitstekende geleentheid vir Afrikaans Huistaal-leerders om hulle daardie ekstra hupstoot te gee voor die eindeksamen begin. Leerlinge van regoor die land sal op Saterdag, 22 Oktober 2016,  ʼn gratis regstreekse uitsending oor die internet kan dophou,…

Lees meer

Net ‘n stukkie

Ek is nie ‘n voorstander van geld gee vir ‘n bedelaar nie. Ek het eenmaal as kind gesien hoe ‘n man geld in my ma se gesig teruggooi omdat dit na sy mening te min was. Hy het op haar geskree en gesê niemand wil hom help nie, en niemand wil verantwoordelikheid vir hom neem…

Lees meer

#FeesMustFall: Helpende Hand maak ’n baie beter plan met #FeesMustBeFound

Solidariteit Helpende Hand het besluit om daad by woord te voeg en die geld wat hulle op ’n jaareindfunksie wou spandeer het, in ’n studiefonds te belê. Helpende Hand daag nou ander organisasies uit om dieselfde te doen.     Die huidige krisis by universiteite landwyd het die nood van finansiële nood van studente weer onder…

Lees meer
As jy armes van die wal in die sloot help

96% van suksesvolle studente léér op kampus en betoog nie

Vir 96% van Solidariteit Helpende Hand se studieleninghouers is #feesmustfall nie die enigste uitweg nie. Ten spyte van finansiële druk en moeilike studierigtings glo hierdie suksesvolle studente dat hulle deur harde werk vir hulleself ʼn beter toekoms kan bou as wat hulle ouers gehad het. Uit ‘n onlangse meningspeiling onder die 1 240 studente wat…

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!