Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Helpende Hand se nuutste hulpmiddel vir grondslagfase is ’n ware skatkis

Solidariteit Helpende Hand gaan vanjaar die onderwysers van behoeftige skole regoor die land bystaan met die implementering van ’n spesiale kis vol onderwyshulpmiddels. Die projek, bekend as Juffrou se Skatkis, is daarop gemik om al die grondslagfase-klasse van skole te bevorder. Dertig sulke skatkiste word eersdaags afgelewer. Die tekort aan die nodige Afrikaanse hulpmiddels is…

Lees meer

Swart tydperk vir Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand het nog ’n staatmaker verloor. Die organisasie is die afgelope maand geruk deur die tragiese ongeluk van dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur, en sy gesin waarin twee van sy kinders oorlede is en sy vrou Lise ernstig beseer is, asook die dood van Monica Annandale van die Thabazimbi-tak. Attie Barnard, Helpende Hand…

Lees meer

Skooltassies maak ’n daadwerklike verskil in graadeens se lewens

’n Nuwe studie deur Solidariteit Helpende Hand ondersoek die invloed wat ’n tekort aan skryfbehoeftes op die akademiese loopbaan van graadeens het. Die resultate belig die waarde van dié organisasie se Skooltassieprojek. Helpende Hand se Skooltassieprojek is sedert 2007 een van die organisasie se belangrikste projekte. Deur dié projek is reeds meer as 30 000…

Lees meer

Skooltassies word weer uitgedeel

Solidariteit Helpende Hand se takke is reeds sedert die begin van die nuwe skooljaar druk besig om meer as 4 600 skooltassies uit te deel aan behoeftige graadeens in 158 skole landwyd. Een van hierdie skole is Laerskool Witpoortjie, buitekant Pretoria, waar Meyer le Roux van Buffelsfontein Baard-olie saam met die graadeens ’n poppekas gekyk…

Lees meer

Gedenkdiens vir André en Rachel Brink word op 22 Januarie gehou

Dr. Dirk Hermann, voorsitter van die direksie van Solidariteit Helpende Hand en bestuurshoof van Solidariteit, het bevestig dat die gedenkdiens vir Andre en Rachel Brink op Sondag, 22 Januarie, sal plaasvind. Hermann, wat as familiewoordvoerder optree, het aangekondig dat die diens om 14:30 in die Auditorium van die Hatfield Christian Church (HCC) in Pretoria sal…

Lees meer

Matrieks val deur die krake van SA se onderwysfondasie

Solidariteit Helpende Hand se verslag wys onderwys is in krisis gedompel Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) se SOS-verslag oor die 2016 Senior Sertifikaat-eksamen toon baie duidelik dat alles nie wel is met die vlak van onderwys in die land nie. Daarenteen presteer Afrikaanse skole steeds baie goed, ten spyte van aanslae. Volgens die verslag…

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!