Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Solidariteit Helpende Hand ondersteun bejaardes met gehoorverlies

Ons bejaardes kry swaar. Tydens ’n onlangse studie wat deur Solidariteit Helpende Hand gedoen is, is daar bevind dat medikasie en mediese apparaat dié grootste behoefte onder bejaardes is. Die oorsake daarvan verskil, maar moontlike redes kan wees die feit dat slegs 27% van bejaardes pensioen buiten die maandelikse SASSA-toelaag ontvang en dat ’n skokkende…
Lees meer

Jou kind se ‘Vrees vir syfers’ is moontlik ‘n erkende angstoestand

Soveel mense is steeds onder die indruk dat wiskunde-angs en syfer-angs ‘n dood-normale ‘vrees vir syfers’ is en dat hul kind dalk maar net nie wiskundig aangelê is nie. Navorsing toon egter dat jou kind se vrees vir wiskunde nie bloot toegeskryf kan word aan ‘onvoldoende wiskundige-vermoëns’ of kognitiewe probleme nie. Jou kind kan top…
Lees meer

Die beste wiskunde-apps vir tieners

Daar is meer as 20 miljoen aktiewe slimfone in Suid-Afrika en navorsing wat in 2013 gedoen is, het bevind dat nagenoeg 90% van slimfooneienaars in Suid-Afrika apps aflaai, maar om jou selfoon te gebruik om jou wiskunde punte te verbeter is nog ’n volksvreemde gedagte. Nietemin het Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) die volgende…
Lees meer

Kleuters kuier by ouetehuis in Sunnyside

Die kleuters van Siembamba Kleuterskool in Centurion het op 8 Maart 2018 gaan besoek aflê by  Harmonie-oord Ouetehuis in Sunnyside, Pretoria. Die doel van die besoek was om die meer as honderd bejaardes by die ouetehuis bietjie te bederf en ook om ʼn skenking wat die kleuterskool ingesamel het, aan die ouetehuis te oorhandig. Solidariteit…
Lees meer

My graadeen sukkel met wiskunde, hoe nou?

Niemand twyfel meer dat daar ʼn krisis is met Suid-Afrikaanse leerders se swak prestasie in wiskunde nie. Daar is egter baie wat ouers van vroeg af kan doen om seker te maak dat hulle kinders die mas opkom. Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het die volgende wenke vir ouers met kinders in die lae…
Lees meer

Vergeet van slaagsyfers, begin ’n beter onderwysstelsel

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand is glad nie verras deur die minister van Basiese Onderwys se voorstel vir ’n verlaagde slaagvereistes vir graad 7 tot 9 nie. Hierdie wysiging sal net lei tot nog laer onderwysstandaarde en ons kinders vir nog verdere mislukking voorberei. “Dit help nie die Minister probeer die reeds siek…
Lees meer

Gevaartekens flikker as regering sny aan basiese onderwys

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is bekommerd dat die besluit om die begroting van basiese onderwys te sny, tot gevolg gaan hê dat kinders ongeskool gelaat gaan word. Dié besnoeiing sal ongetwyfeld ʼn negatiewe effek op klasgrootte en leerderprestasie hê.   Die planne van die minister van finansies om die mediumtermynbegroting vir die Departement van Basiese Onderwys…
Lees meer

Is gehoorverlies jou toekoms?

Solidariteit Helpende Hand verskaf wenke om gehoorverlies te voorkom Helpende Hand is besig om bewusmaking te skep oor die groeiende aantal mense wat aan gehoorverlies ly. Gehoorverlies in bejaardes is baie meer algemeen as wat mense dink. Dit is egter nie net bejaardes wat met hulle gehoor sukkel nie, maar jongmense ook. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie…
Lees meer

Vyfpuntplan vir suksesvolle maatskaplike ontwikkeling

Solidariteit Helpende Hand wil graag Susan Shabangu verwelkom as die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling. Helpende Hand glo ook dat dit binne haar mag is om hierdie uiters belangrike departement te laat floreer. Met ’n werkloosheidsyfer van meer as 27%, amptelik die hoogste werkloosheidsyfer in die wêreld volgens die WEF, is die rol van die departement…
Lees meer

Solidariteit Helpende Hand ondersoek die nuwe minister van maatskaplike ontwikkeling

Na agt jaar van kontroversie is Suid-Afrikaners huiwerig om ’n nuwe minister van maatskaplike ontwikkeling te vertrou. Daarom het Solidariteit Helpende Hand dit goedgedink om verslag te lewer oor Minister Susan Shabangu se agtergrond. Minister Shabangu is bekend daarvoor dat sy dikwels teen die ANC en gewese-president Zuma se wil opgetree het. Sy was ook…
Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!