AKADEMIA STUDIEFONDS

AKADEMIA STUDIEFONDS

By Solidariteit Helpende Hand glo ons in opheffing van gemeenskappe deur middel van opleiding. Die Akademia Studiefonds is gestig om behoeftige Afrikaanse studente wat wil studeer se studies moontlik te maak deur middel van rentevrye studielenings. Die volhoubare model is gekies omdat dit aan die een kant ‘n goue middeweg skep tussen duur banklenings en gratis beurse, terwyl dit aan die ander kant beteken dat een afgestudeerde student wat sy of haar studies terugbetaal weer ‘n volgende behoeftige student se studies befonds.

Die Akademia Studiefonds het oor die afgelope 9 jaar reeds ongeveer 635 behoeftige studente se studies met ‘n totaal van R29 miljoen moontlik gemaak.

Kies vandag om ‘n verskil in ‘n behoeftige Akademia-studente se lewe te maak, deur ‘n eenmalige of maandelikse skenking of ‘n testamentêre bemaking aan die Akademia Studiefonds te maak. Vir meer inligting kontak gerus vir Mia Wesseloo op [email protected].

Skenk hier

  • R0.00
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

PayPal (Internasionaal)

Testamentêre bemakings

Laat ʼn blywende erfenis na en oorweeg die Helpende Hand Studie Trust as ʼn begunstigde in u testament.