#AlumniVirAfrikaans

NUUS EN MEDIA

#AlumniVirAfrikaans

Onthou jy sêrrie, blikskud, vlotbou, gangsport en jool saam met mooi meisies? Koshuistradisies wat jou laat terugverlang na ou pêlle wat jy vandag nog bel, en laatnagreünies langs kampvure. ʼn Universiteit was die plek waar jy beide opgelei en opgevoed is. Jou alma mater – ʼn gevoel van trots wat jou hart laat swel het.

 

Dit was die tyd toe jy nog tuis kon voel om in Afrikaans te studeer, toe tradisies en kultuur iets mooi en edel was en jy veilig en ononderbroke in jou moedertaal kon klasdraf. Dit was die tyd toe standbeelde nog staande was, en klasgelde nog opgespoor moes word (en nie laat vaar moes word nie). Standaarde was hoog en professors kwaai, maar dit was ook ʼn tyd wat manne en vroue, soos dr. Anton Rupert, dr. Chris Barnard, dr. Miemie Coertze, Sandra Prinsloo, Andre Markgraaff, en Hansie Cronje opgelewer het.

 

Maar kampusse is nie meer veilig nie. Tradisies word afgeskaf, standbeelde word afgebreek en studentebetogings is aan die orde van die dag. Klippe word gegooi, en Afrikaans is nie meer welkom op kampus nie.

 

Vandag sê ek egter genoeg is genoeg. Ek sal deel vorm van nuwe hoop en nuwe trots. Ek sal help bou aan universiteite en opleidingsinstellings, soos Akademia en Sol-Tech deur n eenmalige of maandelikse skenking aan die #AlumniVirAfrikaans-studiefonds te maak, of ‘n testamentêre bemaking te oorweeg.

VANDAG KIES EK OM TE BOU!

Skenk hier

  • R0.00
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

PayPal (Internasionaal)

Testamentêre bemakings

Laat ʼn blywende erfenis na en oorweeg die Helpende Hand Studie Trust as ʼn begunstigde in u testament.

NUUS EN MEDIA

Hoofgebou-potchefstroomkampus1-320x185

René Roux, adjunk uitvoerende hoof van Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging skryf oor haar herinneringe van #studentwees. Die Helpende Hand Studie Trust skop die 26ste Julie af met ‘n #AlumniVirAfrikaans-veldtog. Hierdie veldtog poog om afrikaanse alumni te laat hande vat, om die grootste afrikaanse studiefonds in SA te bou. Met die bydraes van afrikaanse alumni, wat voel dat hul geld moet gaan waar hul hart en taal lê gaan ons 'n groot verskil maak

Willie Spies

Willie Spies van Hurter Spies Inc. gesels oor sy universiteitsjare en waarom hy die #AlumniVirAfrikaans-veldtog ondersteun. Hierdie veldtog skop amptelik op die 26ste Julie af! Hou ons sosiale media dop! Solidariteit Akademia Sol-Tech Hannes Noeth Stefan Pieterse

Dana Snyman

Dana Snyman Skrywer se #rubriek oor #studiedrome vir ons #AlumniVirAfrikaans-veldtog!

Oom Sakkie lig sy wit jassie van die draadhanger wat aan die deur van sy haarkappersalon hier op Wellington in die Boland hang. Hy begin die jassie aantrek... arm deur die een mou, arm deur die ander mou. sukkelend.

Giep van Zyl

Giep van Zyl, vertel meer oor sy opwindende studiejare en die lewenservaringe wat hy opgedoen het! Giep staan bankvas agter Helpende Hand Studiefondssentrum se #AlumniVirAfrikaans-veldtog wat amptelik Maandag 26 Julie bekend gestel word!

Henk Schalekamp

Henk Schalekamp gesels oor sy studentejare en die ervaringe as student. Hy vertel ook waarom #AlumniVirAfrikaans sy volle goedkeuring en steun het.

graduation-995042-1280-320x250

Onthou jy die gevoel van student wees? Daardie oomblik toe jy sak en pak op kampus afgelaai is. Die skielike gevoel van vry wees, sonder enige bekommernisse.