Projekte vir bejaardes
Vier waardigheid. Bou verbondenheid. Leer by die beste.
MEER OOR HELPHOOR
By Solidariteit Helpende Hand glo ons dat elke lewensfase betekenisvol is. Daarom bedryf ons verskeie projekte wat daarop gemik is om mense van 60 en ouer te ondersteun, vereer en met liefde te bederf. Dié inisiatiewe bevorder nie net bejaardes se welstand en waardigheid nie, maar herinner ook die breër gemeenskap aan hulle waarde en die belangrikheid van omgee.
Ons moedig die jonger garde aan om verantwoordelikheid te neem vir die bejaardes in hul gemeenskap en die ouer generasie se waarde te erken, te benut en te vier.
Doel
Die doel van ons projekte vir bejaardes is om hulle fisies en emosioneel te ondersteun, hul lewensverhale en wysheid te vier, en gemeenskappe aan te moedig om bejaardes met respek en omgee te behandel en hul kennis en ervaring te benut
Hoe ons help
- Ondersteuning: Verskeie gemeenskapsinisiatiewe landwyd bied praktiese en emosionele ondersteuning aan bejaardes.
- Erkenning en bederf: Spesiale projekte fokus op die erkenning van bejaardes se lewensbydrae en bied geleenthede om hulle spesiaal en gewaardeer te laat voel.
- Bewusmaking: Ons poog om die gemeenskap bewus te maak van hul rol in die lewens van bejaardes en om 'n kultuur van respek en omgee te bevorder. Ons skep geleenthede vir jonger geslagte om weer kontak te maak met dié wat die pad vir hulle gebaan het.
- Projekte: Boesemvriendinne, HelpHoor, Katarakchirurgie, Seniors in Aksie
Toekomsplanne
Helpende Hand beplan voortdurend nuwe, opwindende nasionale projekte wat verdere ondersteuning en erkenning aan ons kosbare bejaardes bied. Hou ons webblad dop vir opwindende inisiatiewe wat van stapel gestuur word.
Raak betrokke
- Begin 'n projek in jou eie gemeenskap en wys vir die bejaardes in jou lewe dat hulle waardevol is.
- Ondersteun bestaande inisiatiewe met jou tyd en vaardighede of 'n finansiële bydrae.
Raak betrokke
- Begin 'n projek in jou eie gemeenskap en wys vir die bejaardes in jou lewe dat hulle waardevol is.
- Ondersteun bestaande inisiatiewe met jou tyd en vaardighede of 'n finansiële bydrae.