Bejaardemishandeling
Bejaardemishandeling
Mishandeling van bejaardes is 'n hartverskeurende werklikheid wat dikwels in die skaduwees van ons samelewing plaasvind. Dit verwys na enige vorm van fisiese, emosionele of finansiële mishandeling wat ouer persone aangedoen word. Ongelukkig is familielede of versorgers wat vertroue en sorg behoort te bied dikwels die oortreders. Bejaardemishandeling hou ernstige gevolge vir die geestelike en fisiese welstand van die slagoffers in. Daar is ook dikwels stilswye oor die mishandeling, omdat die slagoffers te bang is om te praat of nie in staat is om hul ervarings te deel nie. Dit is 'n ernstige sosiale probleem wat ons almal raak en ons moet saamstaan om bewusmaking te skep, ondersteuning te bied, en 'n veilige omgewing vir ons bejaardes te waarborg.
Solidariteit Helpende Hand het 'n besondere verbintenis met ons senior burgers wat as 'n integrale deel van gesinne en gemeenskappe beskou word. Daarom wil ons die publiek van hierdie donker verskynsel bewus maak en toerus met kennis sodat hulle met 'n ander oog na ons bejaardes kan kyk en die tekens van mishandeling vinnig herken en by die regte instansie aanmeld. As deel van hierdie bewusmaking het Solidariteit Helpende Hand 'n volledige gids opgestel waarin bejaardemishandeling in diepte verduidelik word. Volg die skakel na die gids: https://helpendehand.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Hulpgids-vir-die-identifisering-en-voorkoming-van-mishandeling-van-bejaardes.pdf