0861 25 24 23 [email protected]

Dit was maande van harde werk, en bid vir reën en kompos, maar na meer as twee maande kan die bejaardes van ʼn tehuis in Pretoria-Wes hulle eerste groente oes. Solidariteit Helpende Hand en AfriForum se Centurion-takke is aan die hoof van die projek . Die hoogtepunt van die projek is egter die manier waarop die projek die gemeenskap bemagtig het.

 

Dié groep van meer as 30 bejaardes het sedert 7 Februarie 2017 in spanning gewag vir die dag dat hulle groente reg sal wees. Johan Lesley, ʼn bejaarde van die Filedelfia Ark-tehuis, het die afgelope paar weke hard gewerk om seker te maak dat die groente versorg is. Die groentetuin spog met heerlike eiervrug, spinasie, groenbone, tamaties en selfs ʼn groot hoeveelheid koolkoppe.

 

Hierdie is egter slegs die eerste fase van die groentetuin en die plan is om die tuin aansienlik uit te brei vanuit die 320 m² wat dit tans beslaan. Die stuk grond van sowat twee hektaar, sal genoeg groente kan produseer om die bejaardes van ʼn gesonde maaltyd te voorsien en die groente wat oorbly, sal by ʼn padstal op Van der Hoffweg verkoop word.

 

Vir Lesley lê die projek se sukses in die genade wat hulle van Bo af kry. “Dis die Here wat dit laat reën en die Here wat hierdie groente laat groei,” sê Lesley. “Ek is nou op soek na wintergewasse soos uie, knoffel, aartappels en rape. Dis ʼn groot werk om die tuin aan die gang te hou, maar ek sien kans daarvoor.”

 

Die AfriForum-tak in Centurion het die werk bietjie makliker gemaak deur ʼn besproeiingstelsel te installeer om seker te maak dat die groente genoeg water kry.

 

Volgens Mariana Kriel, Helpende Hand se streeksverteenwoordiger, is al die groente organies en sal dit verseker dat die bejaardes ʼn gesonde maaltyd inkry, maar die werklike wonder is die hoeveelheid tyd en energie wat die bejaardes in die tuin insit.

 

Die tehuis vorm deel van die Filadelfia Ark-sorgsentrum wat ook in Pretoria-Wes geleë is. Filadelfia Ark-tehuis huisves meer as 400 behoeftige mense, onder wie sowat 150 kinders is.

 

Om vir Lesley te help deur skenkings van saad en plantjies, kontak vir Mariana Kriel op 084 952 5837 of rig ʼn epos aan haar by [email protected].

Kry ons nuus eerste!
Teken in op ons nuusbrief om al die nuutste ontwikkelinge van Solidaritet Helpende Hand te kry!
Teken in
Sien uit om jou te ontmoet!

Stig jou eie studiefonds:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND
Rekeningnommer: 62331447541
Tak: CENTURION
Takkode: 261-550
Verwysing: Studiefondssentrum

Laai die bankbesonderhede hier af: klik hier

Kontakbesonderhede:

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
webwerf: https://studiefonds.co.za

Hoof van Studiefondsentrum 

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
Sel: 076 424 1400