Vir elke eensame bejaarde, is daar ʼn behoeftige kleuter wat liefde nodig het. 

 

Die Bybel is baie duidelik oor ons verantwoordelikheid teenoor die weerloses in ons gemeenskap. Ons is veronderstel om die weduwees en weeskinders te ondersteun. Daarom het Solidariteit Helpende Hand besluit om die twee groepe deur ʼn baie unieke projek bymekaar te bring.

 

Die Groentjies en Gryses-projek bring sedert 2015 bejaardes en kleuters bymekaar vir ʼn dag van jolyt. Dié projek is al in verskeie dele van die land probeer en lewer elke keer dieselfde wonderlike resultate. Bejaardes kry weer lewe in hulle en kleuters ontvang baie liefde.

 

Vanjaar het Groentjies en Gryses by Margaretha Ackerman, een van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie se tehuise in Pretoria plaasgevind. Helpende Hand het 30 kleuters van Tuindwergies-kleuterskool na die tehuis geneem om bietjie met die bejaardes te kuier. Die dag is ekstra spesiaal gemaak deur ‘n optrede deur Jan de Wet, bekende sanger.

 

Volgens Lizelle Joubert, projekorganiseerder by Helpende Hand se bejaarde-projekte was die projek nog elke jaar ʼn reuse sukses. “Baie bejaardes vereensaam, maar ʼn vriendelike kindergesiggie beur ʼn swaar hart gou weer op. Die interaksies is altyd baie positief en ons glo die keer is geen uitsondering nie,” sê Joubert.

 

Die maatskaplike werkster, Ditlhare Mokhema, het die kleuters as engele beskryf. “Julle het ons dag, nee, ons jáár gemaak!” sê Mokhema. “Julle het weer lewe in die ouetehuis ingebring.”

 

Raak vandag nog betrokke by die weerloses in jou omgewing. Besoek ʼn eensame bejaarde, vertroos ʼn verwaarloosde kind of glimlag vir ʼn vreemdeling. Vir meer inligting oor Helpende Hand se projekte om bejaardes te ondersteun, besoek www.helpendehand.co.za of kontak vir Lizelle Joubert op 012 644 4390. Om die projek te ondersteun SMS “omgee” na 38969 (SMS kos R10).

Besonderhede van Donasie:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND
Rekeningnommer: 62331447541
Tak: CENTURION
Takkode: 261-550
Verwysing: Studiefondssentrum

Laai die bankbesonderhede hier af: klik hier

Kontakbesonderhede:

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
webwerf: https://studiefonds.co.za

 

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.