Bejaardes van Kinross Herberg gee wenke vir die jeug

Solidariteit Helpende Hand se Alberton-tak het ‘n Kerspartytjie vir 88 bejaardes van Kinross Herberg gehou. Die bejaardes het inruil vir die lekker bederf die drie belangrikste wenke vir jongmense gegee.

Op 24 Oktober 2015 het die tak by die outehuis opgedaag en daar is speletjies gespeel, pryse is uitgedeel en elke bejaarde het ‘n geskenkpakkies met heerlike tuisgebakte koekies ontvang.

Tydens die speletjies is aan bejaardes gevra wat sou die 3 belangrikste wenke wees wat hulle vir jongmense wil gee en hul antwoorde was: “moet nooit opgee nie”; “gryp elke geleentheid aan” en “volg Christus se voorbeeld”.

Die bejaardes het die oggend terdeë geniet en is ook voorgestel aan nuwe lede van Helpende Hand se Germiston-tak wat vanaf 2016 na hulle sal omsien. Bejaardes lê na aan die hart vir die Germiston-tak en hulle het groot planne vir 2016.

Om deel te word van hierdie dinamiese span mense, of om meer te leer van Helpende Hand se projekte, besoek www.helpendehand.co.za. Belangstellendes wie ‘n passie vir “omgee” vir minderbevoorregte, Afrikaanssprekendes het, kan die tak kontak deur ‘n epos te stuur na [email protected], of skakel 084 913 7386