BEMARKER: STREKE EN TAKKE

BEMARKER: STREKE EN TAKKE

Aansoeke Sluit op: 18 Februarie 2026

Solidariteit Helpende Hand (SHH) is op soek na 'n bemarker wat verantwoordelik sal wees vir die beplanning, koördinering, ondersteuning en uitvoering van bemarkingsverwante aangeleenthede vir SHH se streke en takke. Die pos is in Centurion geleë, maar daar sal van die bemarker verwag word om by tye na SHH se streke en takke reg oor die land te reis.

Minimum vereiste

Die minimum vereiste is 'n diploma of graad in bemarking, kommunikasie of 'n verwante veld.

 

Noodsaaklike werkservaring sluit die volgende in:

  • Twee tot drie jaar ondervinding in 'n bemarkingsrol
  • Ervaring in die ontwikkeling en implementering van bemarkingsveldtogte, insluitend op sosiale media, digitale platforms en tradisionele media
  • Ervaring en die skep en koördinering van inhoud vir verskillende bemarkingskanale, insluitend sosiale media, e-pos en webwerwe
  • Die vermoë om met data en marknavorsing te werk om veldtogte te meet en te optimaliseer
  • Sterk projekbestuurs- en koördineringsvaardighede

 

Die volgende vaardighede en eienskappe sal tot jou voordeel strek: 

  • Goeie interpersoonlike verhoudings
  • Goeie kennis van digitale bemarking
  • Goeie kommunikasie- en skryfvaardighede
  • Goeie kennis van bemarkingstegnieke
  • Ervaring in die gebruik van tradisionele bemarkingsmediums
  • Goeie kennis van sosiale media
  • Die vermoë om veldtogte te kan formuleer en dryf
  • Die vermoë om as deel van 'n span in 'n vinnig veranderende omgewing te werk
  • 'n Aanvoeling vir grafiese ontwerp en videovaardighede

Die pos behels onder meer die volgende:

  • Die ontwikkeling en implementering van streekspesifieke bemarkingstrategieë wat belyn is met SHH se algemene strategie
  • Die beplanning en bestuur van bemarkingsveldtogte en -inhoud op sosiale media, digitale platforms, in brosjures en as webinhoud om handelsmerksigbaarheid, betrokkenheid en werwing in streke te versterk
  • Die ondersteuning en maksimering van projekte, funksies en geleenthede met strategiese bemarking en gekoppelde data-/fondswerwingsinisiatiewe
  • Die ontwikkeling van funksionele digitale ruimtes (landingsblaaie en webblaaie) vir streke
  • Die versameling en ontleding van markdata om strategieë aan te pas en te verbeter

Dien as ambassadeur van Helpende Hand en ondersteun die organisasie se instellings en doelwitteOpvoeding, opleiding en ontwikkeling in 'n vry en veilige omgewing verseker 'n voorspoedige toekoms vir Afrikaanse kinders!

Vakante pos: Kleuterskoolonderwyser

Vereistes:

  • VKO vlak 4 of 5
  • Polisieklaring
  • Geldige rybewys
  • Bereidwilligheid om by nauurse aktiwiteite in te skakel

Toepaslike ondervinding sal as 'n aanbeveling dien.

Werksure: Maandag tot Vrydag – Voldag