BRIEF 145: Diensbare Donateurs

Liewe Leser

Ek het 'n rukkie terug gelees dat die grootste daad van diensbaarheid soms is om iemand anders se droom ernstig op te neem. Ek moes eers 'n bietjie daaroor dink, want ons almal het tog drome en die verantwoordelikheid om dit self na te streef. Waarom op iemand ander se drome fokus? Dit val my eers 'n bietjie later by dat mense graag in drome belê, omdat iemand eens op 'n tyd in hulle drome ook geglo het. Diensbaarheid. Dis wat dit is. Om ander se hoop te ondersteun en saam te help dra, is selfs 'n daad van geloof en liefde.

Wanneer jy besef dat jou omstandighede nie jou toekoms bepaal nie, kan jy alles met vrymoedigheid en hoop aanpak. Soos Spreuke 11:25 sê: "Die gulsige mens word voorspoedig, en wie ander se lewe verkwik, word self verkwik." Deur ander se drome te ondersteun, word ons self geseën en verryk ons nie net hulle lewe nie, maar ook ons eie.

 

Die Helpende Hand Studietrust se donateurs maak dit vir studente moontlik om hul drome te bereik, want agter elke student wat gradueer, staan daar 'n donateur. Donateurs is dikwels stil en onbekend, maar die impak van hul bydraes is onmiskenbaar. Om 'n donateur van die Studietrust te wees, is om te verstaan dat diensbaarheid nie altyd luidrugtig hoef te wees nie. Dit is die keuse om te gee sonder om erkenning te verwag en om in drome te belê sonder om onmiddellike opbrengs te sien.

 

Elke donateur kies om 'n lig te wees op iemand anders se pad. Want soms is die grootste daad van diensbaarheid eenvoudig net dit: om iemand anders se droom ernstig op te neem.

 

Vriendelike groete

Hilde Kruger

Solidariteit Helpende Hand

Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5

BRIEF 145_Diensbare Donateurs Waardeaanbod