BRIEF 158: God maak alles nuut

#LieweLeser

Genesing neem tyd. Die wete dat God nie haastig is met ons nie vertroos my altyd. In plaas daarvan om ons aan te jaag, stap Hy langs ons deur die vrae wat ons nie kan beantwoord nie en sit Hy saam met ons deur die stille trane en die doodse stiltes. Dit het my 'n rukkie geneem om te besef dat God nie van ons verwag om altyd sterk te wees of al die antwoorde te hê nie. Hy verwag van ons om aan te hou glo, selfs al verstaan ons nie die pad waarop ons loop nie.

Wat vir ons soms soos stilstand lyk, is dikwels die seisoen waarin God met ons werk. Die swaar winters. Die gebroke dele van ons hart, die verlore drome en die swaarkry. Alles is nie verlore nie, selfs al voel ons so.

Miskien verander God nie altyd ons omstandighede so vinnig soos ons hoop nie, maar terwyl ons wag, werk Hy aan ons harte, want in sy hande word selfs pyn deel van 'n groter getuienis van genade.

 

Vriendelike groete

Hilde Kruger

Helpende Hand

Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5

BRIEF_158_God_maak_alles_nuut (1)