Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Internskapprogram 2

Internskapprogram

Helpende Hand is ʼn organisasie sonder winsoogmerk wat ses betaalde internskappe in Kloofsig, Centurion, beskikbaar het. Die geskikte kandidate moet beskikbaar wees om vanaf 1 tot 17 Julie 2015 aan ’n internskapprogram deel te neem. Verblyf word verskaf. Kandidate sal in die sosiale sektor opleiding ontvang en ervaring opdoen, wat onder andere projekbestuur en veldtogbeplanning insluit, met die fokus op armoedeverligting, -verbreking en -voorkoming.

Lees meer

Kommunikasiebestuurder Helpende Hand

Kommunikasiebestuurder Solidariteit Helpende Hand Die pos is gebaseer in Kloofsig, Centurion binne ʼn organisasie sonder winsoogmerk. Om te kwalifiseer benodig jy ʼn B-graad of ander toepaslike kwalifikasie plus ’n minimum van 5 jaar bestuurservaring binne ʼn kommunikasie- en bemarkingsomgewing. Ervaring en kennis van gemeenskapsorganisasies en ’n bewese rekord van betrokkenheid hierby sal in jou guns…

Lees meer

Helpende Hand Streeksorganiseerder: Wes-Kaap

Streeksorganiseerder:Wes-Kaap Helpende Hand Hierdie pos is gebaseer in die Wes-Kaap. Die geskikte kandidaat moet in die streek woon en sal vanaf die Solidariteit-dienskantoor in Bellville werk. Die geskikte kandidaat moet bereid wees om te reis. Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig jy:  ’n senior sertifikaat;  twee tot drie jaar toepaslike ervaring in…

Lees meer

Sentrumbestuurder

Helpende Hand-gemeenskapsentrum: Sentrumbestuurde. Die pos is gebaseer in Booysens, Pretoria-Wes, binne ʼn organisasie sonder winsoogmerk. Om te kwalifiseer benodig jy ʼn toepaslike B-graad of gelykwaardige kwalifikasie en ten minste vyf jaar bestuurservaring wat projekbestuur en die bestuur van personeel insluit.

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!