Mediaverklaring
Honger vir Hoop-veldtog bring duisende borde kos én hoop
30 Mei 2025 SOLIDARITEIT HELPENDE HAND MEDIAVERKLARING Op Wêreldhongerdag het Solidariteit Helpende Hand en Pretoria FM nie net bewusmaking geskep oor die verskillende vorme van hongersnood in Suid-Afrika nie; hulle het ook daadwerklik gehelp om die nood te verlig. Met die tema “Honger vir Hoop” is daar Woensdag landswyd ‘n beroep op die publiek gedoen…
Lees meerHelpende Kerke Kongres fokus op gesinswelstand
28 Maart 2025 SOLIDARITEIT HELPENDE HAND MEDIAVERKLARING Solidariteit Helpende Hand het die visier op gesinswelstand in die gemeenskap gerig om te ondersoek hoe gesonde gesinne lyk en watter rol kerke in hul welstand speel. Die vyfde Helpende Kerke Kongres is op 27 Maart by Aros in Montanapark aangebied. Die verrigtinge is afgeskop deur Carl Vermaak,…
Lees meerHelpende Hand vereer afgetrede maatskaplike werkers vir lewenslange diens
Op Wêrelddag vir maatskaplike werk (18 Maart) het Solidariteit Helpende Hand die uitsonderlike bydraes van ‘n paar legendariese, uitgetrede maatskaplike werkers vereer. Dié maatskaplikewerkvoorlopers is tydens ‘n glansgeleentheid, Die Wil om te Help, by die Maison de Leo in Rietondale in Pretoria vereer. Die geleentheid was deel van Helpende Hand se Maatskaplike Maand-vieringe en het…
Lees meerSA stuur op welsynstaat af
Solidariteit Helpende Hand spreek diepe kommer uit oor die land se toenemende afhanklikheid van maatskaplike toelaes, soos uiteengesit in minister Enoch Godongwana se begrotingstoespraak vir 2025. Die regering se totale besteding aan maatskaplike toelaes sal na verwagting van R285 miljard in die komende finansiële jaar tot R313 miljard in 2027-’28 styg. Dit is ‘n skerp…
Lees meerHelpende Hand bring lig in kwesbares se lewe
11 Maart 2025 SOLIDARITEIT HELPENDE HAND MEDIAVERKLARING Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut het ‘n nuwe mylpaal bereik met 44 versorgingstudente wat vanjaar eed afgelê het om die lig in kwesbare mense se lewens te wees. Die toekomstige versorgers het Vrydag 7 Maart tydens die Lig van Versorging-seremonie by die instituut se kampus in die ooste…
Lees meerHelpende Hand bring lig in kwesbares se lewe
Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut het ‘n nuwe mylpaal bereik met 44 versorgingstudente wat vanjaar eed afgelê het om die lig in kwesbare mense se lewens te wees. Die toekomstige versorgers het Vrydag 7 Maart tydens die Lig van Versorging-seremonie by die instituut se kampus in die ooste van Pretoria belowe om ligdraers in hul…
Lees meerOnverantwoordelike onderspandering verpletter hulp aan kwesbares
5 Maart 2025 SOLIDARITEIT HELPENDE HAND MEDIAVERKLARING Die onthulling dat die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling glo miljarde laat lê en stof opgaar, is kommerwekkend en ‘n onaanvaarbare onreg teenoor kwesbare inwoners. Dit is die reaksie van Solidariteit Helpende Hand nadat die DA in Gauteng Woensdag bekend gemaak het dat die aantal befondste organisasies sonder…
Lees meerGeborgenheid in ons gemeenskappe onder druk
27 Februarie 2025 SOLIDARITEIT HELPENDE HAND MEDIAVERKLARING Luidens ‘n peiling van Solidariteit Helpende Hand voel naastenby 70% van mense die hooffaktore wat hulle gevoel van veiligheid en geborgenheid beïnvloed, is ekonomiese onsekerheid en werkloosheid, geestesgesondheid en stres, en fragmentasie van en isolasie in die gemeenskap. Solidariteit Helpende Hand se tema vir 2025 is welstand en…
Lees meerNPO-dag eer Suid-Afrika se onbesonge helde
26 Februarie 2025 SOLIDARITEIT HELPENDE HAND MEDIAVERKLARING Organisasies sonder winsbejag (OSW’s oftewel NPOs) speel ‘n noodsaaklike rol in die bevordering van voorspoedige gemeenskappe. Daarom bring Solidariteit Helpende Hand op Wêreld- NPO-dag (27 Februarie) hulde aan dié onbesonge helde. “Hierdie organisasies vul noodsaaklike gapings in dienste, tree in vir kwesbare bevolkings en reageer op krisisse waar…
Lees meerHelpende Hand Opleidingsinstituut groet rekordgetal versorgingstudente in Afrikaans
21 Februarie 2025 SOLIDARITEIT HELPENDE HAND MEDIAVERKLARING Die sukses van moedertaalonderrig word vanjaar op Internasionale Moedertaaldag beklemtoon deur die inname van ‘n rekordgetal versorgingstudente aan die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut. Volgens dr. Elsha Hermann, Helpende Hand se hoof van navorsing, programme en opleiding, onderstreep dit die groeiende behoefte aan goed opgeleide tuisversorgers wat na weerlose…
Lees meer