Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Buitelandse steun – ʼn Oorsig oor die boek Minderheid in eigen land

Nuus oor die huidige plaasmoordkwessie in ons land, is besig om al vinniger na internasionale netwerke te versprei. In die afgelope twee maande is daar onder andere optogte in België en Australië gehou om bewusmaking oor hierdie kwessie te kweek.   ʼn Internasionale meningsvormer, Martin Bosma, wat geweldige steun aan ons land ten opsigte van…

Lees meer

Kleuters kuier by ouetehuis in Sunnyside

Die kleuters van Siembamba Kleuterskool in Centurion het op 8 Maart 2018 gaan besoek aflê by  Harmonie-oord Ouetehuis in Sunnyside, Pretoria. Die doel van die besoek was om die meer as honderd bejaardes by die ouetehuis bietjie te bederf en ook om ʼn skenking wat die kleuterskool ingesamel het, aan die ouetehuis te oorhandig. Solidariteit…

Lees meer

Tassies uitgedeel by Laerskool Tzaneen

Die jaar het met groot opwinding vir die graadeens by Laerskool Tzaneen begin. Dié skool is een van meer as 60 skole landwyd wat gelukkig genoeg is om deel uit te maak van Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek.   Die Skooltassieprojek poog om ʼn onmisbare bydrae in kinders se lewens te maak en behoeftige graadeens…

Lees meer

Afrikaanse skole behaal ʼn slaagsyfer van 86%

Luidens ʼn verslag oor die 2017-matriekeindeksamen het Afrikaanse skole aansienlik minder druipelinge as ander staatskole opgelewer. Die verslag is deur Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) saamgestel en bevat insiggewende syfers oor die waarde van moedertaalonderrig in die matriek-eindeksamen. Die SOS is van mening dat Suid-Afrika ʼn taalprobleem eerder as ʼn onderwysprobleem het. Die bewyse…

Lees meer

Lesufi kry 14% vir sy fokus op onderwys, 100% vir eiewaan

Gauteng se LUR vir Onderwys, Panyasa Lesufi, is ’n ywerige twitteraar. Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand het Lesufi se prestasie gemeet in die medium waarin hy gemaklik kommunikeer. Tien  brandende kwessies in onderwys is geïdentifiseer uit onlangse verslae oor Suid-Afrika se onderwysstandaard. 500 twiets is vanaf Lesufi se tydlyn getrek vanaf 26 Januarie…

Lees meer

Die Vrystaat-streek se sewe perfekte projekte van sewe takke

Die Vrystaat-streek het die afgelope tyd sewe projekte geloods. Die doel van die projekte was om gemeenskappe vaardighede aan te leer, bejaardes en kinders te bederf en ook om die gemeenskap vry en gesond te kry. Kroonstad Helpende Hand-tak het die inisiatief geneem om kreatiewe handvaardighede by Huis Eden aan te bied. Die inwoners van…

Lees meer

Gauteng-Suid se projekte bring ’n knop in mens se keel

Dit was ’n feestelike tyd vir die Gauteng-Suid-streek. Die Alberton-tak moes inderhaas ’n Kerspartytjie reël vir behoeftige gesinne wat hul woning moes ontruim. Daarna het hulle ’n partytjie vir 88 bejaardes gehou wat wyse woorde met hulle gedeel het. Daarby het een baie spesiale maatjie ’n splinternuwe paar skoolskoene gekry. Die Alberton-tak moes inderhaas ’n…

Lees meer

Mpumalanga sê baie dankie vir ’n baie goeie jaar

Mpumalanga is goed op dreef om die jaar op ’n hoë noot af te sluit. Hulle het by verskeie skole gaan dankie sê vir die groot verskil wat onderwysers in kinders se lewens maak. Christine Schoonbee van die Secunda-tak is aangewys as Mpumalanga se top vrywilliger. Die Komatipoort-tak het die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) se…

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!