Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Buitelandse steun – ʼn Oorsig oor die boek Minderheid in eigen land

Nuus oor die huidige plaasmoordkwessie in ons land, is besig om al vinniger na internasionale netwerke te versprei. In die afgelope twee maande is daar onder andere optogte in België en Australië gehou om bewusmaking oor hierdie kwessie te kweek.   ʼn Internasionale meningsvormer, Martin Bosma, wat geweldige steun aan ons land ten opsigte van…

Lees meer

My graadeen sukkel met wiskunde, hoe nou?

Niemand twyfel meer dat daar ʼn krisis is met Suid-Afrikaanse leerders se swak prestasie in wiskunde nie. Daar is egter baie wat ouers van vroeg af kan doen om seker te maak dat hulle kinders die mas opkom. Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het die volgende wenke vir ouers met kinders in die lae…

Lees meer

Volhoubare oplossings vir tersiêre studie is moontlik

Heher-kommissie se verslag kan beteken dat staat R34,6 miljard vir “gratis onderwys” moet opdok vir tersiêre studie Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) is van mening dat daar meer volhoubare metodes vir die befondsing van tersiêre studie bestaan. Die instelling is reeds vir byna ’n dekade besig om behoeftige studente te finansier. Die SFS is…

Lees meer

Help Afrikaanse jongmense om hul volle vermoë te verwesenlik

Die omvangryke krisis in die land se swartonderwys is welbekend. Daarteenoor bedek die uitnemende prestasie van Afrikaanse skole soms die verskuilde onderrigprobleme in die Afrikaanse gemeenskap. Statistieke van die Solidariteit Navorsingsinstituut wys dat hier egter ook groot probleme skuil.   ʼn Belangrike aanwyser van die onderwysuitdagings onder bruin jongmense is dat ʼn skrale 2,5% bruin…

Lees meer

LESUFI VERHEF OMSENDSKRYWE TOT WET

LUR pas subtiele boelietaktieke toe om naamveranderings op Afrikaanse skole af te dwing. Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng storm voort met sy boelietaktiek teenoor Afrikaanse skole – hierdie keer oor die skoolnaam-, embleem- en leuseverandering van skole in Gauteng.  Die opportunistiese Lesufi het pas deur middel van sy onderwyshoof, twee omsendskrywes aan skoolhoofde …

Lees meer

Stel jy belang in ʼn internskap in kommunikasie?

Solidariteit Helpende Hand se jaarlikse internskapprogram skop weer af tydens die wintervakansie en behels baie meer as koffie-maak en liasseerwerk. Die internskap is oop vir senior studente wat tans studeer in die kommunikasie-veld en beloof om kandidate goed voor te berei op die werksplek. Die internskap duur vanaf 29 Junie tot 15 Julie by Helpende…

Lees meer

Sente vir Studente bring ’n toekoms vir gemeenskappe

Helpende Hand loods projek om studiefondse in 175 dorpe te stig en verdubbel die fonds rand-vir-rand Solidariteit Helpende Hand se nuwe studieleningsprojek vra nie veel nie; inteendeel, die projek vra net die kleingeld in jou beursie. Die projek wil in 175 dorpe ’n fonds stig om ’n behoeftige student in die gebied met ’n studielening…

Lees meer

Limpopo: Papier kan nooit ons impak beskryf nie

In Limpopo het 17 Takke se 95 vrywilligers in 2015 met 141 projekte amper R1.6 miljoen teruggeploeg in hul gemeenskappe. ’n Verdere R404 000 is in die vorm van rentevrye studielenings vanuit ons 12 gemeenskap studiefondse aan 21 studente toegeken. Hierdie R2 miljoen en al die passie, toewyding, opoffering en harde werk; is ons belegging in…

Lees meer

Vrystaat: bedien die streek met geslaagde balans

Alhoewel die Vrystaat streek slegs 14 takke het, is dit 14 takke wat voorwaar ’n diep Helpende Hand voetspoor reeds in hul gemeenskap gevestig het. Die staande takke is goed gefokus op die visie van die organisasie en het die “voorkoming” van armoede reeds gevestig by instansies in die gemeenskappe. Daar is geweldige goeie samewerking…

Lees meer

Noordwes en Noord-Kaap: Dankbaarheid loop oor

Die gemeenskappe in Noordwes en die Noordkaap kan behoorlik dankbaar wees vir die hand wat Solidariteit Helpende Hand in die opheffing van armoede in hierdie streek uitgestrek het. Die streek ontwikkel gedurende 2015 tot 22 vrywilligertakke. ‘n Kliëntediensbeampte word aangestel en die tweede skenkingskantoor in die streek word in Klerksdorp van stapel gestuur. Sewe gemeenskapsbeurse…

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!