Helpende Hand Nuus

Soek 'n artikel

Buitelandse steun – ʼn Oorsig oor die boek Minderheid in eigen land

Nuus oor die huidige plaasmoordkwessie in ons land, is besig om al vinniger na internasionale netwerke te versprei. In die afgelope twee maande is daar onder andere optogte in België en Australië gehou om bewusmaking oor hierdie kwessie te kweek.   ʼn Internasionale meningsvormer, Martin Bosma, wat geweldige steun aan ons land ten opsigte van…

Lees meer

Die beste wiskunde-apps vir tieners

Daar is meer as 20 miljoen aktiewe slimfone in Suid-Afrika en navorsing wat in 2013 gedoen is, het bevind dat nagenoeg 90% van slimfooneienaars in Suid-Afrika apps aflaai, maar om jou selfoon te gebruik om jou wiskunde punte te verbeter is nog ’n volksvreemde gedagte. Nietemin het Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) die volgende…

Lees meer

Volhoubare oplossings vir tersiêre studie is moontlik

Heher-kommissie se verslag kan beteken dat staat R34,6 miljard vir “gratis onderwys” moet opdok vir tersiêre studie Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) is van mening dat daar meer volhoubare metodes vir die befondsing van tersiêre studie bestaan. Die instelling is reeds vir byna ’n dekade besig om behoeftige studente te finansier. Die SFS is…

Lees meer

Departement se boelie-taktiek werk toe nie

Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) is verheug oor Regter Bill Prinsloo se beslissing in die saak tussen Hoërskool Overvaal en die Departement van Basiese Onderwys in Gauteng. Die SOS is egter bekommerd oor die wydverspreide boelie-taktiek wat deur die departement geïmplementeer is om hulle sin te kry. Regter Prinsloo het beslis dat Hoërskool Overvaal…

Lees meer

Kerswense vir Danville

Solidariteit Helpende Hand het op 18 Desember 2017 hoop in die Danville gemeenskap geskep wat swaar onder maatskaplike euwels soos armoede gebuk gaan! Die gemeenskap is verras deur ‘n besoek van bekende sangers en akteurs en die Helpende Hand-span. Sangers soos Monique Steyn, Hennie Jacobs, Paulo Azevedo en Altus Theart het saam met Helpende Hand…

Lees meer

Motorfietsryers neem bejaardes vir pretrit by Kerspartytjie

Die strate van Danville is Saterdag 9 Desember 2017 gevul met die geluid van brullende motorfietse toe Solidariteit Helpende Hand se Motorfietsklub ’n groep behoeftige bejaardes kom oplaai het. Die bejaardes is vir ʼn pretrit op die motorfietse geneem en bederf met ’n Kersete, kompleet met ’n Kersvader op ’n motorfiets, en hope geskenke.  …

Lees meer

30 Mpumalanga- Kerswense oor 30 dae!

Dit is amper Kersfees en Solidariteit Helpende Hand se Mpumalanga-streek wil mense se Kerswense bewaarheid. Van 15 November tot 15 Desember 2017 kan mense iemand nomineer om ʼn wens vir daardie person te bewaarheid. Oor die volgende 30 dae sal daar elke dag ʼn wens ter waarde van R1 000 gekies word om op die…

Lees meer

Helpende Hand lig jongmeisies oor borskanker in

Solidariteit Helpende Hand se Wagpos-jeugtak het die meisies van Hoërskool Wagpos bemagtig deur ’n praatjie oor borskanker aan te bied. Die praatjie is deur die plaaslike KANSA-tak aangebied en daar is fondse vir KANSA ingesamel. Die Wagpos-jeugtak op Brits bestaan uit onderwysers, leerlinge en ’n paar ouers. Die tak fokus op die verligting van armoede…

Lees meer

Esidimeni: Helpende Hand versoek dat gewese LUR gedagvaar word om te getuig

Solidariteit Helpende Hand wil hê die gewese Gautengse LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, moet in die arbitrasieverhoor oor die onnodige sterftes van tientalle gestremdes kom getuig. Helpende Hand is van mening dat sy die arbitrasieproses moet bywoon om verantwoording te doen vir die gevolge van onoordeelkundige besluite. Die gewese LUR het in Februarie 2017 bedank…

Lees meer

Skoleondersteuningsentrum skep unieke Afrikaanse-vereniging vir grondslagfase-onderwysers

Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) bring vandag, 18 Oktober 2017, die Afrikaanse Grondslagfase Vereniging (AGV) op die been. Die doel van hierdie vereniging is om onderwysers wat betrokke is by grondslagfase-onderrig van Gr RR tot Gr3 te versterk tydens hierdie kritiese fase van kinders se ontwikkeling. ʼn Honderd onderwysers van 14 skole kom vanmiddag…

Lees meer

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!