DEEL JOU STORIE

Liewe Leser

Dit was my pa wat my geleer het dat 'n mens nie aannames moet maak nie. Jy vra vrae. Jy luister. Jy vergelyk feite. Jy soek die waarheid agter die storie. Goeie navorsing begin nie by antwoorde nie, dit begin by mense. Mense soos ek en jy.

Elke mens kyk na die wêreld deur 'n ander lens. Dit is presies waarom landswye navorsing so belangrik is. Meetbare uitsette word nie net deur data of syfers bepaal nie, maar ook deur stories en ervarings. In Solidariteit Helpende Hand se geval help dit ons om te verstaan wat in gemeenskappe gebeur en waar die nood en seer is. As ons dit weet, weet ons ook waar hoop kan groei en hoe ons saam 'n groter verskil kan maak.

As jy 'n donateur, vriend of vrywilliger van Solidariteit Helpende Hand is, wil ek hê jy moet weet dat jou storie meer as net terugvoer is. Dit is deel van die groter prentjie wat ons help om besluite te neem, projekte te verbeter en nog meer mense te bereik.

Jou stem kan lig werp op uitdagings, jou ervaring kan nuwe oplossings inspireer en jou verhaal kan iemand anders moed gee.

Deel daarom jou storie. Vertel meer oor jouself, jou gemeenskap en die verskil wat Solidariteit Helpende Hand in jou lewe of dié van ander maak.

Want die navorsing gaan nie net oor data nie.

Dit gaan oor mense.

En jou storie tel.

Vriendelike groete

NAVORSINGSBRIEF_3416