(Wees asb geduldig indien jy ingeteken het met e-pos. Kyk ook asb in jou "spam/junk" e-posse)

Demi Lee Rok

Current bid: R10,500.00

Baie dankie dat jy op die punt staan om ’n aanbod te maak op die asemrowende rok van Demi Lee. Wees verseker dat jy almal se aandag sal wegslaan met die glansgeleentheid waarvoor jy dit wil dra. Alle fondse wat deur hierdie rok gemaak word, sal gaan aan die #HelpHetta-projek se 3000 meisies wat sanitêre ware en higiëniese produkte op ’n kwartaallikse basis ontvang. Met die aanbod wat jy maak sal jy dus nie net jou droomrok kry nie, maar ook ’n verskil maak in duisende meisies se lewens. Ons salueer jou daarvoor.

Item condition: Used

Time left:

Auction ends: 5 September 2019 12:00 vm
Timezone: UTC +2

Current bid: R10,500.00

Category:

Description

Demi Lee Moore het haar twee droomrokke, wat sy onderskeidelik vir Afrikaans is Groot en die Ghoema toekennings 2019 gedra het, aan die #HelpHetta-projek geskenk. Sy hoop om deur middel van hierdie twee rokke duisende meisies se lewens aan te raak. Is jy ’n meisie in matriek wat nie jou droom matriekafskeidrok kan bekostig nie? Dan staan jy ’n kans om Demi Lee se pragtige rok te wen wat sy gedra het tydens die Ghoemas 2019. Behoeftige matriekmeisies kan aansoek doen om die rok te wen, deur die skakel hieronder te volg. Het jy ’n glansgeleentheid voor die einde van 2019 en nie ’n idee watter rok jy daarvoor gaan aantrek nie? Hier is jou kans om ’n aanbod op Demi Lee se asemrowende rok te maak wat sy aangehad het tydens Afrikaans is Groot 2019! Die hoogste aanbod sal die rok kry en alle fondse sal ingestoot word in die #HelpHetta-projek. Wie weet, dalk is jou aanbod die hoogste. Volg gerus die onderstaande skakel.

Auction History

Date Bid User Auto
9 Julie 2019 7:23 vmR10,500.00darius.malherbe
7 Julie 2019 9:48 nmR10,000.00woo_user_9067834
7 Julie 2019 7:45 nmR9,000.00woo_user_3282956
7 Julie 2019 7:44 nmR8,500.00woo_user_3282956
7 Julie 2019 7:35 nmR8,000.00woo_user_9067834
7 Julie 2019 7:35 nmR7,000.00woo_user_9067834
5 Julie 2019 12:00 vmAuction started