Die 50ste Ons Winkel

– Deur Pieter van der Walt :Bemarking & Administratiewe Beampte Ons Winkel

Wanneer laas het ons sommer net stilgestaan en ons prestasies gevier? Of selfs dit net erken? As entrepreneurs, spandeer die Ons Winkel-span baie tyd aan toekomsbeplanning en raak soms behep daarmee.

Wanneer ons ’n doelwit bereik, is entrepreneurs gekondisioneer om onmiddellik na die volgende doelwit te beweeg, eerder as om die doelwit self te vier. Dit is egter baie belangrik om elke mylpaal wat op ’n nul eindig, te vier (d.w.s. 30ste, 40ste, 50ste, ens.). Verlede week het ons die opening van ons 50ste winkel in Polokwane (Pietersburg) gevier.

Zilla Ferns, eienaar van ons 50ste Ons Winkel, wat verlede week sy deure geopen het in Polokwane (Pietersburg).

In ’n video-onderhoud tydens die opening maak Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, dit duidelik dat die winkels armoede voorkom en beveg. Die winkels skep werk, studiefondse word gestig en versorgingsentrums word onderhou. Dit befonds ook projekte waaronder die Kosblikkie-projek. Die lekker hiervan is dat dit uit die gemeenskap vir die gemeenskap kom. Gemeenskapskrag word omgeskakel in sukses.

Hier is drie redes waarom die viering van mylpale so krities belangrik is vir sukses.

# 1: Die aksie om iets te vier, verander jou fisiologiese samestelling en versterk jou denkwyse.

Wanneer ons feesvier, word endorfiene in ons liggame vrygestel. Endorfiene is die “voel-goed” chemikalieë van ons liggaam. As ons ’n mylpaal bereik en nie behoorlik feesvier nie, beroof ons onsself van ’n belangrike gevoel binne-in onsself wat ons sukses versterk.

Omgekeerd, as ons nie ons onderskeidelike prestasies vier nie, maak ons breine die afleiding dat dit wat ons doen nie so opwindend en belangrik is nie. Eenvoudig gestel, die gebrek aan feesvieringe sal lei tot ’n gevoel van leegheid waar ons minder sal fokus en minder prestasie oor tyd sal behaal.

# 2: Feesvieringe saam met kollegas en sakevennote versterk netwerke.

Daar is baie sielkundige en fisiologiese voordele daaraan verbonde om bloot oorwinnings te erken (in ’n dagboek of saam met ’n familielid), maar daar is egter bykomende voordele as ons netwerke uitbrei deur kollegas en sakevennote in te sluit.

Feesvieringe is aansteeklik en diegene rondom ons wil deel in ons sukses. Aangesien prestasies in besonderhede beskryf word, word nuwe idees en geleenthede gevorm en gedeel. As ons omring word deur ander wat ook in ’n topposisies verkeer, is dit om om na presteerders in ons onderskeie netwerke te soek.

# 3: Ons feesvieringe bemark ons sukses en dui ons as wenners aan.

Sukses skep meer sukses, dus is dit net natuurlik om voort te bou op bestaande momentum. Feestelike gebeure versterk nie net die positiewe aspekte van wat ons doen nie, dit laat ons groei en ander rolspelers wil dan met ons vereenselwig.

Die regte vennootskappe word gevorm deur ’n waarde-vir-waarde-uitruiling. Dit beteken dat daar ’n groot waarskynlikheid is dat ander rolspelers na die tafel sal kom met maniere om uit te brei op wat ons reeds bereik het.