Die werksoeker en die kennis ekonomie

Jy verloor jou werk. Vir maande soek jy werk, maar die mark is so vol van werksoekers dat die werkgewers kan kies en keur. En die honderde CV’s wat jy gestuur het, het nog geen vrugte afgewerp nie? So hoe word jy die kandidaat wat die werkgewer die foon laat optel?

Wat is die kennis ekonomie?

Opinieleiers meen dat in die moderne era kennis die waardevolste kommoditeit is. Cal Newport praat in sy boek Deep Work daarvan en Eric Friedman verwys daarna in sy artikel oor werkplek vaardighede wat jy moet hê. Soek jy die term “kennis ekonomie” op op die internet, kry jy heelwat artikels wat daarna verwys. Volgens Walter W. Powell en Kaisa Snellman word die kennis ekonomie gedefinieer as “[P] roduksie en dienste gebaseer op kennis-intensiewe aktiwiteite wat bydra tot ‘n versnelde tempo van tegniese en wetenskaplike vooruitgang, sowel as vinnige veroudering. Die sleutelkomponent van ‘n kennisekonomie is ‘n groter afhanklikheid van intellektuele vermoëns as op fisiese insette of natuurlike hulpbronne”.

Maar wat beteken dit vir jou as werknemer?

Dit beteken dat jy as ‘n werknemer deesdae aangestel word oor wat jy weet. Die kennis wat jy besit en wat jy kan bydra aan ‘n werkgewer en mede-werknemers is waarom jy aangestel sal word. Nie net is dit belangrik dat jy bybly met tegnologiese ontwikkeling in jou veld nie, maar volgens Friedman moet jy ook aanpasbaar wees, inter-persoonlikhede vaardighede hê, goeie kommunikasievaardighede hê en vinnig leer. Nie almal kan met elkeen van hierdie vaardighede spog nie. Maar daar is wel iets wat jy kan doen om jou kanse op werk te verbeter.

Voortgesette leer is dus die sleutel tot sukses in ons hedendaagse werksplek. Volgens AfricaCheck baat enige verdere studies na matriek die werknemer ten sterkste. Werkloosheid onder mense met slegs matriek is 28.7% en onder diegene met enige verdere opleiding (sertifikate of diploma’s) is 17.8%. Sodra iemand ‘n graad het, val daardie werkloosheidsyfer na 5.4%. Verder kan daar in die salarisse wat opgeleide mense verdien gesien word dat enige opleiding ‘n styging in toekomstige inkomste veroorsaak.

So wat nou gemaak as jy nie verder gestudeer het nie?

Vir baie werksoekers is die werksoek-proses ‘n lang, uitgerekte en frustrerende proses. Terwyl jy werk soek en CV’s uitstuur, is daar baie wat jy kan doen om jouself ‘n beter opsie vir werkgewers te maak. Eerstens, maak seker dat jou CV voldoen aan hedendaagse CV standaarde. Daar is maniere om jou CV gratis op te stel deur ’n platform soos Solidariteit Jeug. Dan kan jy ook jou CV laai op werksoekplatforms soos www.werknet.co.za.

Maar daar is nog baie ander dinge wat jy kan doen. Jy kan jouself bekwaam in jou huidige beroep, of ‘n nuwe rigting inslaan. As jy werkloos is, is een van die enigste dinge tot jou beskikking tyd. Dus moet jy hierdie tyd inspan om vir jou te werk. Jy kan oorweeg om ‘n kursus te doen en dit laat finansier deur die Studiefondssentrum deur ‘n rentevrye studielening. Of jy kan ‘n gratis kursus onderneem.

Hier is ‘n lys van plekke waar jy gratis kursusse kan doen aanlyn:

Gratis universiteit kursusse
Wolfram Alpha
EdX – gratis en kan sertifikaat bekom teen ‘n fooi
Gratis kollege klasse

Nog bronne: https://za.pinterest.com/pin/240590805079029325/

werknet

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!