Skip to content

Die wil om te help: Toerusting vir die toerusters

Saterdag 18 Augustus 2018 bied Solidariteit Helpende Hand se Wes-Kaapstreek ’n opleidingsgeleentheid aan toerusters wat graag in hulle gemeenskappe wil help.

Hierdie tweede toerustingsgeleentheid vind plaas by Somerset West United Church. Die dag beloof om weereens ‘n leer-en-netwerkgeleentheid te bied vir maatskaplike werkers, sielkundiges, terapeute, onderwysers, beraders, religieuse leiers en enige belangstellendes.

Hannes Noëth, Sarie Nell, Nolene Rust, Hanlie Boshoff, Dr Louise Aucamp, Pauli Geldenhuis, Antoinette Deysel en Christia Potgieter is die sprekers. Die toerusting gaan oor die volgende onderwerpe:

  • Praktiese uitvoering van wetlike aspekte tov. kinders in praktyk
  • Ouer-Kindbinding teenoor negatiewe ervarings in die kinderjare.
  • Adolessensie: Avontuur of nagmerrie.
  • Dinamika rondom die onthulling van seksuele misbruik.
  • Het ons werklik nodig om uit te reik na ander in nood?

“In die verskillende professies kan daar so maklik moedeloos geraak word met al die druk en daarom is die geleentheid so beplan dat dit positief, leersaam en opbouend sal wees,” sê Alisha de Lange, streeksorganiseerder in die Wes-Kaap.

“Die eerste suksesvolle geleentheid was in Pretoria in Mei-maand was ’n reuse-sukses en daarom is daar besluit om dit landwyd aan te bied.  Daar is die bykomende voordeel dat almal wat die opleiding bywoon CPD-punte kan verdien.”

Datum: 18 Augustus 2018
Tyd: 9:30 tot 15:00
Plek: Somerset West United Church
Adres: Bright-straat 28, Audas Estate, Somerset-Wes

Koste is R300 en sluit ’n ligte middagete in. Professionele persone verdien CPD-punte.

Om in te skryf kontak:  Alisha by [email protected]