“Doen waarvan jy hou, moenie “settle” vir enige iets minder as dit nie!”

Dit is die woorde van Monique Croucamp, wat pas afstudeer het en as biokinetikus by MCG Biokinetics in Randburg praktiseer.
Croukamp se studies is moontlik gemaak deur die Helpende Hand Studie Trust.

Monique Croukamp het in 2020 haar baccaleursgraad in biokinetika verwerf aan die Universiteit van Johannesburg. Sy beplan ook om binnekort verdere studies in biokinetika aan te pak en haarself met ‘n meestersgraad in biokinetika te bekwaam.

Croukamp het vertel hoe haar oupa baie siek geword het terwyl sy nog op skool was en hoe sy moes toekyk hoe haar oupa se toestand vererger het met die wete dat sy niks vir hom kon doen nie. Jare later, nadat sy haar oupa aan die dood afgestaan het, het sy biokinetika ontdek en besef hoe biokinetika nie net die fisieke liggaam kan herstel nie, maar ook ‘n mens se emosionele welstand kan reguleer en bevorder.

Sy vertel verder dat dit haar passie en droom is om mense te help om hulle lewenskwaliteit te verbeter nes die Helpende Hand Studietrust haar lewenskwaliteit verbeter het en dat haar pasiënte een van haar grootste dryfkragte is. “My motivering is byvoorbeeld om te sien hoe ‘n pasiënt se rugpyn, waarmee hy al vir 5 jaar lewe, uiteindelik weg is en dat hy weer sy kind kan optel en vashou”.

Croukamp laat egter nie gras onder haar voete laat groei nie en is reeds besig met ‘n kursus in lewensafrigting waarmee sy graag wil help om nie net die fisiese welstand en gesondheid van haar pasiënte wil bevorder nie, maar ook die emosionele en geestelike welstand.
“My toekomsdroom is om goed gevestig te wees in ‘n Biokinetika praktyk en ‘n goeie verwysingsnetwerk te hê sodat ek die beste moontlike behandeling vir my pasiënte kan bied.”

“Suid-Afrika het ‘n tekort aan mediese personeel – JOU bydra kan help om die tekort aan te spreek/te verminder!” So sȇ Mia Wesseloo Fondsbestuurder by die Helpende Hand Studietrust.
Klik hier om ‘n behoeftige student se studies te borg.
https://helpendehand.co.za/borg-n-behoeftige-student/

#Borg-’n-Behoeftige-Student