Eksamentyd is hier, maak seker jy is voorbereid

Die Markplein is ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is die eenstop-studiewinkel vir Wiskunde vir gr.4-12. Leerders wat wil voorberei vir eksamens kan hul vraestelle, werkkaarte, notas en selfs PowerPoint-skyfies hier kry. Departementele vraestelle is ook hier beskikbaar.

Helpende Hand het besluit om Die Markplein op die been te bring weens die groot behoefte wat by ouers en leerlinge geïdentifiseer is. Die webblad werk op ’n vryemarkstelsel waar die onderwysers hul eie prys vir die dokumente kan bepaal.

Hoewel Die Markplein in die eerste fase net op Wiskunde-dokumente sal fokus, sal dit binnekort ook uitgebrei word om vraestelle, notas, opdragte en breinkaarte vir die vak Afrikaans Huistaal vir gr.4-12 in te sluit.

“Die Markplein is gebruikervriendelik,” sê Ruan Kapp, projekorganiseerder. “Daar is ook video’s op Die Markplein beskikbaar waarop onderwysers kort wiskundelesse aanbied.”

Helpende Hand se Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde Onderwysers (V.A.W.) het baie moeite en tyd aan die samestelling van Die Markplein spandeer. Die V.A.W. wil met dié inisiatief op doelgerigte oplossings fokus om die standaard van Wiskunde-onderrig in Suid-Afrika te verbeter.

Vir meer inligting oor die webwerf besoek www.diemarkplein.co.za of kontak Ruan Kapp op 012 644 4390 of stuur ʼn epos na [email protected]