LogoArtboard 1

Ere-ondersteuners

Dankbaarheid gaan altyd oor tot aksie, en deel van Helpende Hand se dankie-sê-aksie is dat ons graag ’n netwerk van ere-ondersteuners wil skep. 

By Helpende Hand glo ons dat ons bejaarde persone en persone met gestremdhede ook hul eie sterktes en gawes het wat hulle met Helpende Hand en die gemeenskap en die samelewing om hulle kan deel.

Hulle het hul eie godgegewe talente wat saam met Helpende Hand se fokus op maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling werklik ’n volhoubare verskil kan maak. Hulle kan ook ’n pilaar van hoop in hul gemeenskappe wees en hierdie hoop saai waar hulle geplant is.

Dus stel Helpende Hand vandag met trots ons Ere-ondersteunersnetwerk bekend – ’n netwerk van ondersteuners wat almal ouer as 90 jaar is, asook ondersteuners met gestremdhede; ’n netwerk wat saam droom, glo en verstaan!

Helpende Hand is trots op ons ere-ondersteuners en nooi jou vandag om jou vriende en familie wat bo die ouderdom van 90 is of wat gestremd is, by Helpende Hand gratis aan te sluit as Ere-ondersteuner.

Maak hulle deel van ’n familie wat omgee en saamstaan. Gee vir hulle ’n plekkie om te behoort. Hierdie Ere-ondersteuners kan gratis by Helpende Hand aansluit en hulle hoef nie ’n maandelikse donasie te betaal nie.

As jy of iemand wat jy ken bo 90 is, sluit asseblief vandag aan teen geen koste nie.

As jy of iemand wat jy ken vandag met ’n gestremdheid leef, sluit aan teen geen koste nie.

Met hierdie veldtog wil ons jou deel maak van die oplossing; ons wil saam met jou hande vat en ’n sterker Suid-Afrika bou; ons wil sy aan sy saam met jou geestelike, sosio-emosionele, fisiese en kulturele armoede beveg.

Sluit gratis aan en word deel van ons netwerk en familie