Funza Lushaka-beursskema se keuringskriteria is ongrondwetlik

Slegs 23% van skole bied onderrig in Afrika-tale; Helpende Hand betwis logika van beursskema se keuringskriteria op grond van artikels 9 en 29 van die Grondwet en die persentasie inheemse Afrika-tale waarin grondslagfaseonderrig plaasvind

Solidariteit Helpende Hand se besluit om die keuringskriteria van die Funza Lushaka -beursskema in die hof te betwis, spruit voort uit die organisasie se standpunt dat dit op grondvlak onlogies en onprakties is om die kriteria te implementeer.

Helpende Hand is van mening dat die keuringskriteria, wat onder meer voorkeur gee aan kandidate wat wil spesialiseer in Afrika-tale vir die grondslagfase in onderwys. aan kandidate uit landelike gebiede en aan kandidate wat in landelike gebiede wil skoolhou, nie prakties op grondvlak implementeerbaar is nie aangesien die meerderheid van nuwe onderwysers nie in ’n skool gaan klas gee wat onderrig in inheemse Afrika-tale aanbied nie.

Helpende Hand is van mening dat die kriteria strydig is met artikels 9 en 29 van die Grondwet en wel diskrimineer teen wit of Afrikaanssprekende studente. Helpende Hand meen dat, die aanstelling van onderwysers op grond van die beursskema se keuringskriteria kragtens artikel 29(1)(b) van die Grondwet onredelik is aangesien dit nie verteenwoordigend van die onderrigtaal nie.

Volgens ’n verslag wat die departement van onderwys in 2007 vrygestel het, word 65% van leerlinge in Engels onderrig, terwyl Afrikaans in 12% van die skole in die land die onderrigtaal is. Slegs 23% van skole bied onderrig in al die oorblywende Afrikatale dwarsoor die land aan. Die beursskema is geskep om studente wat onderwys wil studeer finansieel by te staan en daarmee die beroep te bevorder.

Alhoewel artikel 29(2) van die Grondwet voorsiening maak vir moedertaalonderrig, is dit duidelik dat die vraag na onderwysers in Engels en Afrikaans baie groter is as waarvoor die beursskema voorsiening maak. Hierdie onderwysers word ongelukkig deur die kriteria benadeel.

Helpende Hand het op grond van dié grondwetlike skending besluit om die kriteria in die hof te betwis.

Die saak word op 22 Junie 2017 in die hof aangehoor.

 

Helpende Hand nooi die media uit om die hofverrigtinge by te woon:

Datum: 22 en 23 Junie 2017

Tyd:    10:00

Adres:  Hooggeregshofgebou, Pretoria

Op die hoek van Paul Kruger- en Madibastraat, Pretoria Sentraal, Pretoria.

 

Woordvoerder:

Stefan Pieterse

Hoof: Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum

[email protected]

076 424 1400 of 012 644 4390

Navrae:

Marlien van der Westhuizen

Mediaskakelbeampte

Solidariteit Helpende Hand

[email protected]

082 645 2795 of 012 644 4390