0861 25 24 23 [email protected]

Dr. Dirk Hermann, voorsitter van die direksie van Solidariteit Helpende Hand en bestuurshoof van Solidariteit, het bevestig dat die gedenkdiens vir Andre en Rachel Brink op Sondag, 22 Januarie, sal plaasvind. Hermann, wat as familiewoordvoerder optree, het aangekondig dat die diens om 14:30 in die Auditorium van die Hatfield Christian Church (HCC) in Pretoria sal plaasvind.

 

Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, sy vrou Lise en hul vyf kinders was op 16 Desember 2016 in ʼn ernstige motorongeluk. André (13) en Rachel (8) is in die ongeluk oorlede. Sy vrou, Lise (43), se toestand het baie verbeter, maar sy was ernstig beseer en moes onder andere reeds ‘n gedeeltelike amputasie van haar linkerbeen ondergaan. Sy is steeds in die intensiewe sorgeenheid van die Unitas hospitaal en wag om ’n rugfusie en kaakchirurgie te ondergaan.

 

Volgens Hermann sal die gedenkdiens lewendig uitgesaai word op Helpende Hand en Maroela Media se Facebook-blaaie, die Nuus oor Danie en gesin Facebook-blad en Helpende Hand se Youtube-kanaal om voorsiening te maak vir die duisende mense wat nie die gedenkdiens kan bywoon nie. “Danie en sy familie voel oorweldig deur die goedhartige ondersteuning wat hulle van die publiek af ontvang het en het hul wens uitgespreek om deur die gedenkdiens troos te bied aan almal wat hul bede en gedagtes in die moeilike tyd aan die familie gewy het. Lise sal ongelukkig nie die diens kan bywoon nie en die familie sal op ’n latere en privaat geleentheid ’n ter-aarde bestelling vir Andre en Rachel hou.”

Kry ons nuus eerste!
Teken in op ons nuusbrief om al die nuutste ontwikkelinge van Solidaritet Helpende Hand te kry!
Teken in
Sien uit om jou te ontmoet!
close-link

Stig jou eie studiefonds:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND
Rekeningnommer: 62331447541
Tak: CENTURION
Takkode: 261-550
Verwysing: Studiefondssentrum

Laai die bankbesonderhede hier af: klik hier

Kontakbesonderhede:

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
webwerf: https://studiefonds.co.za

Hoof van Studiefondsentrum 

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
Sel: 076 424 1400