Is gehoorverlies jou toekoms?

Solidariteit Helpende Hand verskaf wenke om gehoorverlies te voorkom

Helpende Hand is besig om bewusmaking te skep oor die groeiende aantal mense wat aan gehoorverlies ly. Gehoorverlies in bejaardes is baie meer algemeen as wat mense dink.

Dit is egter nie net bejaardes wat met hulle gehoor sukkel nie, maar jongmense ook. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is daar 360 miljoen mense wat wêreldwyd met gehoorverlies sukkel en is daar ’n miljard jongmense wat die gevaar loop om hulle gehoor te beskadig.

Daarom het Solidariteit Helpende Hand het besluit om ’n paar wenke saam te stel om jou gehoor te beskerm.

  • Gebruik oorpluisies om jou ore teen langdurige geraas of musiekkonserte te beskerm
  • Draai die musiek sagter – iemand langs jou moet nie jou oorfone se musiek kan hoor nie
  • Moenie vir langer as 60 minute na musiek luister teen ‘n maksimum van 60% volume nie
  • Gebruik eerder geraas-kanselerende oorfone as in-oor oorfone
  • Sit die televisie sagter
  • Kry gehoorbeskerming by jou werk indien nodig, en gebruik die geraasbeskermingstoerusting wat verskaf word
  • In ‘n kleiner spasie, byvoorbeeld ‘n kar, moet musiek eerder sagter gespeel word
  • Gee jou ore ‘n kans om te rus na jy in baie geraas was

Helpende Hand gaan in samewerking met Impact Hearing in 2018 weer 25 bejaardes bystaan met gehoorapparaat. Vir meer inligting kontak Benette Rautenbach deur ’n epos te stuur na [email protected].