nuwe

Ons Gemeenskapsherstelplan

Die koms van die Covid-19-pandemie het die toekoms van Suid-Afrika versnel. Die beste beskrywing is dat daar tegelyk ’n versnellende verval, maar ook ’n versnellende opbouproses gaan wees. Die staat het homself ernstig verswak met die lang en harde inperking, en daar is net nie meer die geld om ’n groot, duur, korrupte en ondoeltreffende staat te bedryf nie. Vooraanstaande ekonome het reeds bereken dat die land ’n fiskale “afgrond” bereik het. Dit is ʼn situasie waar die staat se uitgawes net aan welsyn, salarisse en rente op staatskuld die hele begroting opgebruik. Soos Margaret Thatcher gesê het, sosialisme kan net hou so lank as wat ander mense se geld hou. Daardie geld is nou op. Daarom kan die staatsgedrewe instellings net verder en vinniger verval, want daar is bloot nie meer die bronne om dit kunsmatig aan die gang te hou nie. Die regering kon die land nie behoorlik regeer voor die inperking nie, nie daartydens nie, en daar is geen geloofwaardige aanduidings dat hulle dit na die inperking sal kan regeer nie.

Vul hierdie vorm in om nou die volledige Gemeenskapsherstelplan af te laai.